Wednesday, October 16, 2024

Koershou met Hennie

Deur Alwyn Viljoen

Met trots geborg deur Toyota

Toyota: Eerste herinneringe teenoor nuwe ervarings

Estimated reading time: 4 minutes

Mbali, die opregte Zoeloe-prinses wat die plaaskantoor bestuur, verkies om dorp toe te ry om haar motor te laat versien al het ons ’n werktuigkundige op die plaas wat haar Toyota kan diens.

Sy sê dis omdat ons werktuigkundige meer vir sy arbeid vra as die Toyota-ouens, baie langer neem om die werk te doen en geen waarborg op sy werk bied nie.

Read it in English.

Sy het dit verlede week bewys deur ’n diens in die dorp te laat doen in minder tyd as wat dit ons geneem het om die besproeiing uit te trek waar dit vasgeval het nadat ’n besproeiingspyp gelek het en ’n hoek van die land in ’n vlei verander het.

Ons het pas begin om die sproeier se groot wiel uit die modder los te trek, toe sy weer verbyry. Dit nadat sy minder as twee ure in die dorp was. En hou in gedagte dat dit 40 minute se ry dorp toe en terug is.

Voor jou koffie koud is!

“Jy het sekerlik nie jou motor binne ’n uur gediens gekry nie?” vra ek toe ek uiteindelik terug is by die kantoor, van kop tot tone vol modder.



“Ek het, ja,” sê sy. “Ek het verlede week ’n sneldiens op die Toyota-toep bespreek en toe ek vandag daar aankom, het ’n dame met ’n knipbord reeds vir my gewag. Ek het skaars tyd gehad om die motor in ’n aangewese parkering staan te maak, toe beduie sy my na die koffiemasjien in die wagarea.

“So, ek het ’n gratis koffie en ’n baie lekker sjokolademuffin gehad. Daarna het ek na die koerier gestap om jou pakkies te kry en toe ek terugkom, was hulle besig om my kar binne en buite skoon te maak. Dit het die skoonmaakdames ook minder as vyf minute geneem. Hulle is net so vinnig met die sponse en stofsuier soos daardie ondersteuningspanne wat jy in die Formule Een-wedrenne sien.

“En al my motor se slytasie-onderdele is as deel van my verlengde diensplan nagegaan en waar nodig vervang.”

“En hoeveel het dit alles gekos?” vra ek.

“Die ware onderdele is duur, moet ek erken,” sê Mbali, “maar hulle arbeid is steeds minder as wat Gert per uur vra. Die feit is, die diensplan stel my in staat om vir toekomstige dienste teen vandag se pryse te begroot en die belangrikste deel is dat ek die toekomstige inruilprys van my motor beskerm.”

’n Nuwe, duurder wêreld

“Sulke progressiewe denke is hoekom jy die plaaskantoor kan bestuur,” sê ek. “Maar dinge het beslis verander. Toe ek my eerste Hilux gekoop het, het ons die bakkie oornag by Toyota gelos en ek sou ’n geleentheid terug huis toe met die bure moes reël.”

“Dit is steeds so vir groot herstelwerk. Tydens die sneldiens word slegs die olie en filters vervang, die vlakke van die koelmiddel, rem, kragstuur, ruitwasser en transmissiestelsels aangevul, die remkussings nagegaan en bande geroteer. O ja, en hulle het ook my ruitveërlemme vervang,” verduidelik Mbali.

“So, watter motor gaan jy volgende aanskaf met daai hoë inruilprys?” vra ek.

“Ek kan maar net droom,” sê sy en draai haar skootrekenaar om vir my die skerm te wys: ’n Helderrooi sportmotor wat lyk asof dit van die skerm af gaan jaag.

“Dit is die Supra GTR, die een met die nuwe handratkas en die Hairpin-plusfunksie wat die meeste van sy 285kW om draaie maak. Met hierdie baba sal ek die distrik se Fast and Furious-koningin wees,” sê sy.

“Maar dit kos meer as R1,4 miljoen en met die salaris wat jy my betaal, kan ek maar net droom. Ek sal maar net weer ’n praktiese bussie kry om die niggies skool toe te neem.”

“R1,4 miljoen is die helfte van die prys van die besproeiing wat ons amper vandag gebreek het,” antwoord ek terug. “Maar ’n eenuur smeerdiens en ’n tweesitplek Toyota wat meer as ’n miljoen kos! Toyota het vir seker verander sedert hulle trae en vervelige Camry-dae.”

Toyota logo. Toyota help met karkoop