Estimated reading time: 2 minutes
Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes:
- Santam Landbou is nou al sinoniem met Plaas Media se Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie en dien al die afgelope 11 jaar as naamborg. Volgens Emil Pretorius is kuilvoer ‘n koste-effektiewe manier om ‘n hoë-energie-waarde voeding te verseker en hy getuig van produsente wat merkwaardige toename in produksie weens die aanpassing van hul kuilvoerpraktyke kon waarneem. Hy brei nou hieroor uit.
- Aartappels SA bring kykers op hoogte van die huidige marktendense asook die prestasie van plaaslike aartappelproduksie.
- Deur droogtes, donderstorms en klimaatverandering het Willie Storm, ‘n veeprodusent naby Olifantshoek, die vrugte van jare se harde werk gepluk. Omdat Willie graag sy raad met ander produsente wil deel het hy onlangs ’n boeredag op sy plaas aangebied waar hy produsente op ’n toer deur sy plaas geneem het om hulle te wys dat dit moontlik is om saam met klimaatverandering te werk. Plaas Media se Koos du Pisanie het ook dié dag bygewoon en hier met rolspelers gesels.
- Boshoff Bonsmara het onlangs ‘n boeredag naby Leandra in Mpumalanga aangebied met die fokus op volhoubare beesboerdery. Dok Faffa Malan het onder andere perspektief gegee oor die reeks siektetoestande wat onder vee in Suid-Afrika voorkom, die onderskeie simptome en hoe produsente dit kan voorkom. Plaas TV het met hom, en ander rolspelers by die dag gesels.
Presenter/s dressed by Jonsson Workwear.
Het jy geweet dat Plaas TV ‘n Facebook blad het? Besoek ons blad by https://web.facebook.com/PlaasTV/?_rdc=1&_rdr om op hoogte te bly van die jongste landbounuus en -onderwerpe!
Klik op die YouTube kanaal se skakel om weer Plaas TV se episodes te kyk: https://www.youtube.com/channel/UC8UyKudlhB1OzbEcSRO1S3A
Plaas TV/Farm TV is in Junie 2020 bekendgestel en verskaf topgehalte en feitelik korrekte landbounuus en -inhoud. Klik op die skakel hierbo om al Plaas TV se inhoud van die afgelope twee jaar te sien. Van landbouprogramme tot die geskiedenis van pinotagewyn, Plaas TV dek alle uithoeke van die landbousektor.