Thursday, September 19, 2024

Somerset-Oos se landbouskou belê in die gemeenskap

Estimated reading time: 3 minutes

Somerset-Oos se 198ste landbouskou, wat van 5 tot 7 September gehou is, het, ten spyte van die leë kleinveestalle as gevolg van streng bek-en-klouseer-maatreëls, verskeie aktiwiteite vir oud en jonk gebied.

  • Die kompetisie in ruiterkuns en handklasse was vanjaar weereens straf gewees. Anton Nel van Somerset-Oos was die wenner in die afdeling SA Saalperd-kinderryperdruiter 10 jaar en jonger, sowel as die ruiterkuns-klas.
    Die kompetisie in ruiterkuns en handklasse was vanjaar weereens straf gewees. Anton Nel van Somerset-Oos was die wenner in die afdeling SA Saalperd-kinderryperdruiter 10 jaar en jonger, sowel as die ruiterkuns-klas.

Die Suid-Afrikaanse Boerperdkampioenskap en Saalperd-streekskou, ope klasse en spoggerige miniatuurperde wat stof in mekaar se oë geskop het, het vanjaar groot en klein se aandag getrek. Behalwe vir die algemene jaarvergadering van die Kaapse Boerperdtelersvereninging, is ’n onthaal gehou vir die skou-borge, uitstallers en vertoners. Daar was ’n hondeskou onder toesig van die plaaslike veeartse, ’n 4×4 “Fun” op die baan-kompetisie, ’n OVK-baaldrakompetisie en ’n gimnastiekvertoning. By die damesoggend is leersame praatjies en demonstrasies aangebied, en verder het die perde-jeugskou, kinderkuns en uitstalling baie genot verskaf. En, soos enige volwaardige skou, was daar ’n steakete en skoudans.

Lees meer oor boerperde hier.

  • Die grootkampioen vyfgang Saalperd was Bennie Lötter van Tarkastad op Gracelands Ben Hur. Foto: Piet Scheepers, Elpita-fotografie.
    Die grootkampioen vyfgang Saalperd was Bennie Lötter van Tarkastad op Gracelands Ben Hur. Foto: Piet Scheepers, Elpita-fotografie.

Uitstaande lammers

Die kampioen-lamkarkas het behoort aan Boet Greeff van Deelkraal, Somerset Oos, en die reserwe kampioen-lamkarkas is deur JJO Marais van Gallantskloof by Kookhuis ingeskryf. Foto: Andries Klopper.
Die kampioen-lamkarkas het behoort aan Boet Greeff van Deelkraal, Somerset Oos, en die reserwe kampioen-lamkarkas is deur JJO Marais van Gallantskloof by Kookhuis ingeskryf. Foto: Andries Klopper.

In die skougenootskap se slaglamkompetisie was daar altesaam 22 inskrywings. Die lammers is by Somerset-Oos se Meats Abattoir geslag en gegradeer, en daarna is die inspeksie en puntetoekenning van die karkasse op dieselfde perseel uitgevoer. Volgens die kompetisie se hoofbeoordelaar, Erick Klopper van BKB, was die gehalte van die lammers uitstekend en was dit ’n moeilike taak om net twee wenners aan te wys.

Martin Lombard van OVK en Jacques Loubser van BKB was in beheer van die vagkompetisie en het tydens die beoordeling daarvan onder meer punte toegeken aan die wol se treksterkte, eweredigheid van lengte, egaligheid van stapel, olie en kleur. Die veseldikte en skoonopbrengs, wat die prys van ’n vag beïnvloed, is ook in ag geneem.

Van links is JJ Botha en sy kleinseun, JJ Botha, namens Boet Greeff van Deelkraal, Somerset-Oos, vir die kampioen-lamkarkas, JJO Marais van Gallantskloof by Kookhuis wat die reserwe kampioen-lamkarkas ingeskryf het en ook wenner was van die beste ingeskrewe groep, Erick Klopper, beoordelaar van BKB, Hendrik Olivier en Jonathan Taai van Lentabar Meats Summerfield-voerkraal by Somerset-Oos.
Van links is JJ Botha en sy kleinseun, JJ Botha, namens Boet Greeff van Deelkraal, Somerset-Oos, vir die kampioen-lamkarkas, JJO Marais van Gallantskloof by Kookhuis wat die reserwe kampioen-lamkarkas ingeskryf het en ook wenner was van die beste ingeskrewe groep, Erick Klopper, beoordelaar van BKB, Hendrik Olivier en Jonathan Taai van Lentabar Meats Summerfield-voerkraal by Somerset-Oos.

Volgens ’n skou-organiseerder, Ezelle Marais, dien die jaarlikse geleentheid nie net as ’n heerlike saamkuiergeleentheid nie, maar dit is ook ’n ekonomiese inspuiting vir die gemeenskap van Somerset-Oos is. “Dit is ook slegs moontlik danksy die ondersteuning van al die borge, vertoners, die landbougenootskap se organiseerders, en almal wat die skou bywoon,” het sy gesê. “Volgende jaar maak ons weer so met die hoop om die skou nog groter en beter te maak en nog meer besoekers te lok.”

Vir meer besonderhede, kontak Ezelle Marais by 082 552 2309 of ezelle@r63.co.za. – Carin Venter, Plaas Media

Sustainable farming – finding the sweet spot

Estimated reading time: 7 minutes Horizontal expansion in farming is becoming increasingly difficult in SA...

Voorbereiding vir ’n dissiplinêre verhoor

Estimated reading time: 4 minutes Werkgewers moet seker maak wat van hulle verwag word voor...

Topskaapboer floreer met ’n simplistiese lae-inset benadering

Estimated reading time: 7 minutes Wikus Bekker, ’n Dohne-Merino-boer van die plaas Geluksdam by Edenburg...

Die Sybokhaarbemagtigingstrust: Ekonomiese vordering deur inklusiwiteit en diversiteit

Estimated reading time: 5 minutes Die Sybokhaarbemagtigingstrust funksioneer onder die sambreel van Sybokhaar Suid-Afrika en...