Monday, December 8, 2025

Skerp in fokus: 2025 Santam Landbou/NWKV-fotokompetisie

Estimated reading time: 3 minutes

Die immergewilde Santam Landbou/NWKV-fotokompetisie wat in samewerking met Plaas Media aangebied word, het vanjaar weereens uitstaande materiaal met uiteenlopende temas opgelewer. Die doel van die fotokompetisie is om kreatiewe fotograwe aan te moedig om wol en wolproduksie in ’n heel nuwe lig uit te beeld en die materiaal wat ontvang is, sal aangewend word vir publikasie in Veeplaas en om die NWKV se fotobank aan te vul.

Die wenners is tydens die NWKV se algemene jaarvergadering aangekondig wat op 4 Junie by die Kelway Hotel in Gqeberha plaasgevind het. Santam Landbou het die kompetisie vir die tweede agtereenvolgende jaar geborg en hul Oos- en Suid-Kaapse streeksverteenwoordiger, Gerhard van Staden, het Plaas Media tydens die geleentheid vir hul insette bedank om die kompetisie te koördineer en bemark. Hy het gesê dat Santam Landbou na ’n lang verbintenis met die NWKV en Plaas Media uitsien omdat die kompetisie sterk deel uitmaak van die landboumark waarby die versekeringsmaatskappy betrokke is.

Die beoordeling van die foto’s is deur Hugo Lochner en Koos du Pisanie van Plaas Media, asook Chris Jooste, fotograaf en voormalige Plaas Media-subredakteur, onderneem.

Wenfoto’s

  • 1ste plek: Marianke Rossouw van Rusrand, Bothaville vir haar foto met die titel ‘Reine herder’ wat die oog vang met uitstekend komposisie en ’n goeie samevatting van die wolwaardeketting, van die skaap en herder tot by ’n gebreide woltrui.
Marianke Rossouw van Rusrand, Bothaville was die wenner van die fotokompetisie met haar foto getiteld ‘Reine herder’.
  • 2de plek: Attie Gerber sr van Mosselbaai met sy foto getiteld ‘Stroom-op’ wat skerp fokus op ’n ram se gesig en die taal van ’n wolboer se hart uitstekend uitbeeld.
Attie Gerber sr van Mosselbaai se foto met die titel ‘Stroom-op’ het hom die tweede plek besorg.
  • 3de plek: Liza Smith van Midrand, Gauteng, met haar foto getiteld ‘Wol verander lewens’ van kleurvolle gebreide komberse wat die storie van wol as ’n eindproduk vertel.
Liza Smith van Midrand, Gauteng het die derde plek behaal met haar foto getiteld ‘Wol verander lewens’.
  • Santam Landbou Buiteperd-wenner: André Greyvenstein van Roodepoort, Barkly-Oos.
André Greyvenstein van Roodepoort, Barkly-Oos het as Wild Card-wenner weggestap.

Vir meer inligting, kontak die NWKV by 041 365 5030 of nwga@nwga.co.za,of besoek die NWKV se webtuiste by www.nwga.co.za. – Carin Venter, Plaas Media

’n Karoo-boerdery geskoei op natuur en kennis

Estimated reading time: 7 minutes Sybrand Venter, ’n bekende gemeenskapsleier en produsent van die plaas...

Oilseeds Focus December 2025 

The December issue of Oilseeds Focus explores South Africa’s fertiliser use, smart cultivar choices for profitable...

Stockfarm December hits the shelves

The December 2025 edition of Stockfarm shines the spotlight on the resilience and adaptability...

Trust and muffins lead the way

Estimated reading time: 4 minutes In any business, communicating in silos is the main cause...