SA Stamboek vereer top stoetkuddes

Estimated reading time: 6 minutes

Die room van Suid-Afrika se suidelike kleinveestoetkuddes het tydens NAMPO Kaap hul SA Stamboek ELITE-toekennings vir 2024 ontvang.

Wat dié geleentheid besonders gemaak het is die feit dat beide Suid-Afrika se wenner vir wolrasse en die wenner vir vleis- en dubbeldoelrasse uit die Kaapprovinsies afkomstig is. Korenhof Merino’s was die wenner in die wolras-afdeling, terwyl Collett Farming die wenner van die vleis- en dubbeldoelrasse was.

SA Stamboek se Elite-toekenningsfunksie vind jaarliks teen die einde van Oktober in Bloemfontein plaas, maar omdat dit dikwels vir stoetboere moeilik is om so ver te reis, het SA Stamboek besluit om ook ’n Trailblazer-geleentheid by NAMPO Kaap aan te bied waar stoetboere uit die Suid-, Oos-, en Wes-Kaap hul toekennings kan ontvang.

Dirk Hanekom, eienaar van Korenhof Merino’s, was baie aangedaan toe hy sy toekenning in ontvangs geneem het. Die Hanekoms boer in die Klipdale-distrik van Bredasdorp. “Dié toekenning is een van die grootste ere wat my in my stoetveekudde-loopbaan te beurt geval het,” het Hanekom na afloop van die seremonie aan Plaas Media gesê. “Dit is ’n bewys dat ons by Korenhof Merino’s eerlike en opregte inligting aan ons kliënte weergee.”

Ander kleinvee-telers in die area is ook tydens die toekenningsgeleentheid vereer. Johann Kotzé van Korhaansrug Merino’s in Moorreesburg het die toekenning vir die derde beste kleinveestoetkudde in die land ontvang.

 
Johann Kotzé (middel), eienaar van Korhaansig Merino’s by Moorreesburg, ontvang sy toekenning van Herman Labuschagne, SA Stamboek se databestuurder, en Chanelle Steenekamp, tegniese en genetiese adviseur vir SA Stamboek in die Wes-Kaap.

Kompetisie se oorsprong

Soos reeds genoem vorm dié toekennings deel van SA Stamboek se jaarlikse Nasionale Elite-toekenningsprogram. Die doel is om die land se beste kleinveekuddes te identifiseer wat op die gebied van akkurate en noukeurige meting, genetiese meriete, reproduksie, aanpassing, prestasie, en bestuur uitblink. Dit sluit alle kleinvee, dus bokke en skape in.

’n Kleinveekudde kom slegs in aanmerking vir dié titel indien hul aanteken by SA Stamboek se Logix-stelsel. Die eerste stap is dus dat die kleinveekudde se data – insluitend registrasie, produksie, voortplanting, en genetiese inligting – volledig en betyds aangeteken moet word. Met ander woorde die data is betroubaar en bruikbaar. Die doel van dié toekennings is dan juis om telers te beloon vir hul harde en getroue werk om data in te voer, kuddes geneties te verbeter, en reproduksiebestuur doeltreffend toe te pas.

Johannes du Toit van Remkuil Boerdery ontvang sy dubbelgoud-toekenning van Herman Labuschagne, SA Stamboek se databestuurder, en Chanelle Steenekamp, tegniese en genetiese adviseur vir SA Stamboek in die Wes-Kaap.


Ander presteerders in die streek

Talle stoete in die streek is tydens die seremonie vir hul harde werk vereer. Die toekennings lyk soos volg:

Platinum

  • J.A. de Villiers – Merino.
  • Korhaansrug Merino’s – Merino.
  • Staatmaker Merino’s – Merino.
  • A.J. van As – Merino.
  • D.G. Hanekom – Merino.
  • Patryskraal Trust – Merino.
  • M.J. Swart – Dormer.
  • Collett Farming – Meatmaster.

Dubbelgoud

  • B. Brynard – Merino.
  • P.J. Smit & Seuns – Dohne Merino.
  • Schellinck & Seun (Edms.) Bpk – Merino.
  • Houmoed Merino’s – Merino.
  • Corsando Dohne Merino Stoet – Dohne Merino.
  • D.G. Poggenpoel – Merino.
  • Komarsekraal Landgoed Edms. Bpk. – Merino.
  • Remkuil Boerdery (Edms.) Bpk – Dormer.
  • J.H. Du Plessis – Dohne Merino.
  • P.E. & G.E.J. Kingwill – Merino.
  • Tweeddale Dohnes – Dohne Merino.

Goud

  • Ducron Farms – Dormer.
  • Bester Broers – Dohne Merino.
  • FCJ Bester Bdy Bpk – Merino.
  • Universiteit Stellenbosch – Dohne Merino.
  • Weska Dohnes – Dohne Merino.
  • Suidplaas Boerdery (Edms.) Bpk. – Dohne Merino.
  • MJ Slabber Plase – Dohne Merino.
  • Lamont Boerdery – Dohne Merino.
  • Verfheuwel Bdy EDMS BPK – Merino.
  • J.J. van der Westhuizen & JHL – Dohne Merino.
  • Medallion Meatmaster Stoet – Dohne Merino.
  • J.L. de Klerk – Dohne Merino.
  • P.P. Mong Trust – Dohne Merino.
  • S.P.G. Mouton – Dohne Merino.
  • Blydskap Trust – Dohne Merino.
  • Basson Fanie en Seun – Dohne Merino.
  • Otterkuil Boerdery – Suffolk.
  • Judo Trust – Dohne Merino.
  • L. L. Basson – Dohne Merino.
  • Kleinbos Merino’s – Merino.
  • Du Toit – Die Kop-trust – Dohne Merino.
  • Amalgam Estates – Dohne Merino.
  • J.P. Steynberg – Dohne Merino.
  • A.C. Blaine (Edms.) Bpk. – Dohne Merino.
  • J.H. du Plessis – Dohne Merino.
  • Dohne A.D.I. – Dohne Merino.
  • P.L. Blaine – Dohne Merino.
  • Winterberg Sheep Improvement Group – Merino.
  • A.C. Lombard en Seun – Merino’s.
  • P.D.S. Erasmus – Dohne Merino.
  • J.H. Gouws – SA Vleismerino.
  • Kranskop Merino’s – Merino.
  • G.G. Besigheidstrust – Dohne Merino.
  • D.J. Meyer – Dorpers.
  • J.G. Wardle – Dohne Merino.
  • White Wools (Edms.) Bpk. – Dohne Merino.
  • J. Sauer – Merino.
  • B.G. Miles – Dohne Merino.
  • J.F Miller – Merino.
  • J.H. du Plessis – Merino.
  • F.E. Marx – Dohne Merino.

Silwer

  • Swartrivier Estates BK – Dohne Merino.
  • Christo Smit boerdery – Dohne Merino.
  • Clarke S.D. & T.A. – Ile de France.
  • J.J. van der Colff  – Witdorper.
  • Johen Trust – Dormer.
  • Nuwerus Boerdery – SA Vleismerino.
  • Vlakkerug Boerdery BK – SA Vleismerino.
  • Johen Trust – Suffolk.
  • J.I. Potgieter – Suffolk
  • N. E. Pienaar – SA Vleismerino.
  • J.C. Kotzé – SA Vleismerino.
  • S. Kotze – SA Vleismerino.
  • M.J. Swart – Boerbokke.
  • G.E. Carstens – SA Vleismerino.
  • Lankgewaght Dormers – Dormer.
  • Universiteit Stellenbosch – SA Vleismerino.
  • Nuweland Dormers – Dormer.
  • Intellifarm (Edms.) Bpk. – Meatmaster.
  • A.T. Wiese – Dorper.
  • Blikfontein Boerdery Trust – Dormer.
  • Whiterose Estate (Edms.) Bpk. – Dormer.
  • H.J. McNaughton – Merino.
  • Roosterhoek Dohnes – Dohne Merino.
  • A.D. Jordaan – Merino.
  • Olmar – Dohne Merino.
  • Zeiss Jordaan & Seuns Boerdery – Dohne Merino.
  • F.C. Cloete – Dormer.
  • Rheederskop – Merino.
  • L.J. de Wet – SA Vleismerino.
  • J.S. de Wet – SA Vleismerino.
  • Van Kerken Dormers – Dormer.
  • Abel en Charles Jordaan – Dormer.
  • Modderpoort Merino’s – Merino.
  • J.H. Meyer – Dorper.
  • S.S. Greyling (jnr.) – SA Vleismerino.
  • J. van A Greyling – SA Vleismerino.
  • A.J. Blom – Dorper.

Brons

  • M. de Kock – Dormer.
  • P.R.C. Cilliè – Dohne Merino.
  • D. Linde – Suffolk.
  • A.N. Hanekom – Dormers.
  • Agterland Boerdery BK. – SA Vleismerino.
  • J2-stoetery – Ile de France.
  • Septemberskraal SAVM – SA Vleismerino.
  • Marhet Dormers – Dormers.
  • J.H.H. Willemse – Merino.
  • Prima Ile de France – Ile de France.
  • Ratelpost Kalahari Reds – Kalahari Red-bokke.
  • Hugo Wiehahn en Seuns – SA Vleismerino.
  • J.A. Saayman – Merino.
  • P. Jordaan – Dormer.
  • M. Qotoyi – Dohne Merino.
  • I.F. Nel – Merino.
  • G.M.C. Orpen – Dormer.
  • Du Plooy Boerdery (Edms.) Bpk. – SA Vleismerino.
  • Dutwa Boerdery (Edms.) Bpk. – Merino Landskaap.
  • B. van der Westhuyzen – Dorper.
  • Venter Boerdery (Edms.) Bpk. – Boerbokke.
  • Stormberg Sheep Group – Merino.
  • E.M. Naude – Merino.
  • Du Plooy Boerdery – SA Vleismerino.
  • Vrischgewaagd-stoet – Inheemse veldbokke.
  • 2 Steyns Boerdery – Dormer.
  • Middelwater Dorpers – Dorper.
  • Venter Boerdery – Boerbokke.
  • Rooihek Dormers – Dormer.
  • M. Penzhorn – Suffolk.
  • Welpic Dormers – Dormer.
  • S.T.R. Mains-Sheard – Meatmaster.
  • Mertoun Dormers – Dormer.
  • F.J. van Wyk – Ile de France.
  • Twee broers-dormerstoet – Dormer.
  • E.M. Naude – Merino.
  • Driehoek – Dohne Merino.
  • Grootfontein-navorsingstrust – Dohne Merino.
  • J.L. du Randt – Dormer.
  • Stormberg Sheep Groep – Merino.
  • A.F. Joubert – Merino.
  • J.J. Nel en Seun – Dorper. – Susan Marais, Plaas Media

‘n Tuli-kudde wat sy omgewing bemeester deur aanhoudende verbetering

Estimated reading time: 5 minutes Christo Rothmann van Bushman’s Mountain Tuli’s is in 2025 met...

What is the worst that can happen?

Estimated reading time: 3 minutes Risk is the likelihood of damage or loss. Peril, on...

Suiwelgehalte en -veiligheid vat die voortou

Estimated reading time: 4 minutes Die Suiwelstandaard-agentskap (SSA) is toegewy tot die bevordering van sy...

AFMA Matrix April 2026 now available

In the April 2026 edition of AFMA Matrix, the spotlight falls on the newly...