Ons kuier verder by die Bathurst-landbouskou. Ons gesels onder meer met Niel Scott van die Bathurst-landbouvereniging, beoordelaars wat by verskeie veekomponente betrokke was, en ‘n boervrou wat ‘n lewe maak uit antieke rose.
Dan het die RPO in die Oos-Kaap hul lewendehawe-naspeurbaarheidstelsel tydens die skou bekendgestel en ons hoor wat Brent McNamara hieroor te sê gehad het.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB
#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.