Die slaglamkompetisie by die Williston Skou was weereens ‘n groot sukses. In vanoggend se RSG Landbou hoor ons by DeWitt Hodgsen wie was vanjaar se wenners.
Pieter van Wyk gee ook terugvoer oor vanjaar se Riversdal Skou.
Johan van den Berg is soos altyd op sy pos met die landbou-weernuus en Chris Derksen gesels oor hierdie week se vleispryse.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Pioneer.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.