In vandag se RSG Landbou gesels ons oor bewaringsboerdery en ons vind uit wat by die Van Hasselt en Gasverkoper Veldramveiling op aanbod sal wees.
Bewaringsboerdery
Het jy geweet Suid-Afrika is tiende op die lys van lande wat bewaringslandbou as ‘n boerderypraktyk aanvaar? Dit is aldus dr Hendrik Smit van Asset Research. Ons gesels in vanoggend se RSG Landbou met hom oor bewaringsboerdery, die aanvanklike uitdagings, toerusting en langtermynvoordele.
Van Hasselt en Gasverkoper Veldramveiling
Die Van Hasselt en Gasverkoper Veldramveiling vind op 15 Januarie op Willowmore plaas. Petrie Maré van BKB en House of Fibre brei uit oor Jodi van Hasselt se sukses as Angora-produsent en wat by die veiling op aanbod sal wees.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.