RSG Landbou: 6 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die 2026 LRF Veeskool, AFSTA se kongres en ons skop af met ons nuwe weeklikse landbounuusbulletin.

2026 LRF Veeskool

Veeprodusente en stoettelers kan hulle dagboeke nader trek en die Lewendehawe Registrerende Federasie, oftewel LRF, se gewilde jaarlikse veeskool aanteken. Ons gesels met Izaan du Plooy hieroor.

AFSTA kongres

Moet ook nie ons gesprek oor die Federasie van Saadverhandelingsverenigings (AFSTA) se kongres in Kaapstad, misloop nie. Kobus van Huysteen van die Suid-Afrikaanse Nasionale Saadorganisasie, SANSOR, vertel meer hieroor.

Weeklikse landbounuus

En ons skop die program af met ons nuwe weeklikse landbounuusbulletin.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

‘n Tuli-kudde wat sy omgewing bemeester deur aanhoudende verbetering

Estimated reading time: 5 minutes Christo Rothmann van Bushman’s Mountain Tuli’s is in 2025 met...

What is the worst that can happen?

Estimated reading time: 3 minutes Risk is the likelihood of damage or loss. Peril, on...

Suiwelgehalte en -veiligheid vat die voortou

Estimated reading time: 4 minutes Die Suiwelstandaard-agentskap (SSA) is toegewy tot die bevordering van sy...

AFMA Matrix April 2026 now available

In the April 2026 edition of AFMA Matrix, the spotlight falls on the newly...