In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor die verwydering van ou en onbruikbare plaagdoders, hoe South Africa Wine beplan vir die toekoms en die welstand van SA sybokhaarkuddes.
Verwydering van ou en onbruikbare plaagdoders
Produsente in Noordwes, Mpumalanga en Limpopo kan nou ou en onbruikbare plaagdoders gratis laat verwyder. Het jy geweet die CropLife Suid-Afrika Program vir Produkverantwoordelikheid bied hierdie diens tot einde Julie vanjaar gratis aan vir sekere provinsies? Dr Gerhard Verdoorn verskaf meer besonderhede.
Hoe beplan South Africa Wine vir die toekoms
Hoe herstel ’n sektor soos die wynbedryf van vloedskade en hoe beplan hulle vir uitdagings soos die laer-alkohol beweging, beleidsveranderinge en nuwe markte? Rico Basson van South Africa Wine beantwoord ’n paar vrae oor hulle vyfjaarplan.
Welstand van SA sybokhaarkuddes
Ons luister ook na ‘n gesprek met veearts, dr Mackie Hobson, oor die welstand van ons plaaslike sybokhaarkuddes.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.