Monday, January 27, 2025
HomePodcastsRSG Landbou: 28 November 2024 - geborg deur Plaas Media

RSG Landbou: 28 November 2024 – geborg deur Plaas Media

Die meeste landboukoöperasies is na 1994 in maatskappye omskep. Daar is slegs twee oor en SSK, oftewel Sentraal-Suid Koöperasie, met hul hoofkantoor in Swellendam, is een van hulle. Francois Swanepoel vertel in vanoggend se RSG Landbou onder meer watter waarde ‘n koöperasie vir landbou bied.

Dan is Johan van den Berg terug met ons landbou-weernuus en Chris Derksen gesels oor vleispryse.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Predation takes on new dimensions

Estimated reading time: 7 minutes Jackals and caracals remain Karoo livestock producers’ greatest concern, with their numbers appearing to have increased since rain broke the...