RSG Landbou: 27 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die belangrike rol wat Suid-Afrikaanse sybokhaarprodusente in die Europese modebedryf speel, die verspreiding van enstowwe in Noordwes en ons ontvang die nuutste landbounuus.

Rol van Suid-Afrikaanse sybokhaarprodusente in die Europese modebedryf

Weet jy hoe ‘n belangrike rol Suid-Afrikaanse sybokhaarprodusente in die Europese modebedryf speel? Jonker Venter van OVK vertel van ‘n besonderse bokhaarbaal wat onlangs ‘n seisoens- en wêreldrekordprys op ‘n openbare plaaslike veiling behaal het – en nou bestem is vir Italië.

Verspreiding van entstowwe in Noordwes

Bek-en-klouseer uitbrekings en die verspreiding van enstowwe bly ‘n kopseer vir produsente in Noordwes. Dit was ‘n sleutel-onderwerp tydens die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) Noordwes se jaarkongres. Nico Kilian, die organisasie se voorsitter, werp meer lig op die situasie.

Weeklikse landbounuus

En moenie ons weeklikse landbounuusbulletin misloop nie.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Weidingsgehalte in die berugte doodmaakmaande

Estimated reading time: 7 minutesSuurveld kom hoofsaaklik in die hoëreënvalgebiede van die oostelike dele...

Boost young animals’ immunity before the lambing and calving season

Estimated reading time: 4 minutesVaccinating ewes and cows four to six weeks before lambing...

Klimaatslimboerdery bied kos vir die siel én die veld

Estimated reading time: 8 minutesDit het Veronica Rorich se passie geword om herwinningsboerdery aan...

AFMA Matrix September 2026 – Forum issue now available

Estimated reading time: 2 minutesThe September 2026 edition of AFMA Matrix is a special...