RSG Landbou: 26 Junie 2024 – geborg deur Plaas Media

47
Plaasvaardighede-skolekompetisie

Die Vrystaatse Departement van Onderwys het in 2023 vir die eerste keer ‘n Plaasvaardighede-skolekompetisie aangebied. Ongeveer 185 landbouleerders het aan verskeie aktiwiteite deelgeneem soos skaapwolklassering, ploegvaardighede en die oprigting van draadheinings. Vanjaar se kompetisie brei uit en leerders kan einde Augustus weer deelneem. EP Nel vertel ons wat hulle vir 2024 beplan.

Izak Hofmeyr kyk ook wat elders in die wêreld van landbou gebeur met ons maandelikse internasionale landbounuus.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.