Sunday, March 9, 2025

RSG Landbou: 24 Oktober – geborg deur Plaas Media

Die toekoms van Merino SA en die waarde van geleenthede vir kleinveeprodusente kom onder bespreking in moreoggend se RSG Landbou. Ons gesels met die president van dié organisasie, Grant Naudé.

‘n Veearts wat in toksikologie gespesialiseer het en deesdae verbonde aan die Universiteit van Pretoria, prof Jan Myburgh, het tydens die LRF Veeskool oor die verband tussen grondgesondheid en dieregesondheid gesels. Ons vind meer hieroor uit.

Chris Derksen gesels soos altyd oor vleispryse en in ons weergesprek het Johan van den Berg ontvang ons hopelik goeie nuus oor reënvooruitsigte vir ons somergraanprodusente.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must read

Skouseisoen in volle swang – op Plaas TV

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes: Williston-landbouskou het dié dorpie...

Boere maak sports op Brits

Estimated reading time: 6 minutes Meer as 200 jongboere van regoor OBARO se bedieningsarea het verlede Vrydag en Saterdag in spanverband kragte gemeet om te...

Omstredenheid oor Onteieningswet deur Agri SA aangespreek

Estimated reading time: 3 minutes Die Onteieningswet, wat die landboubedryf en georganiseerde landbou in ’n groot debat gewikkel het, het verdeeldheid en onsekerheid ontlok oor...

Williston-landbouskou 2025: Sonskyn na die reën

Estimated reading time: 5 minutes Williston-landbouskou is ’n hoogtepunt op die Karoo se landboukalender. Ten spyte van knellende landboutoestande en droogtes waaronder boere gebuk gaan,...

LandbouRadio: 7 Maart 2025

In vandag se LandbouRadio: Ons Vrydag-nuusbulletin. Dr Gerhard Verdoorn praat oor die Afrika-kommandowurm. Agri-Expo vertel meer oor hulle projekte vir die jaar. Daar is 'n gesprek met Jenny...