Thursday, December 12, 2024

RSG Landbou: 22 Mei 2024 – geborg deur Nutrico

‘n Internasionale bees-immunoloog, dr Victor Cortese, het by Kemin en Zoëtis se voerkraalinligtingsdag met boere gesels oor die vordering wat gemaak word ten opsigte van die bekamping van bees respiratoriese siekte.

Ons hoor wat hy te sê gehad het. Dr Gerhard Neethling van die Rooivleis-abattoirvereniging gesels oor die jongste tegnologie wat gebruik word om te verseker dat hul goeie biosekuriteitsmaatreëls suksesvol toepas.

Dan het ons tydens vanjaar se Nampo Oesdag met Johan Pyper van die NWU gesels oor wat dié universiteit vir landbou aanbied.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Nutrico

Nutrico is ‘n gespesialiseerde formuleerder, vervaardiger en verskaffer van verskei multifunksionele plantvoeding, beskerming en biostimulerende produkte. Hulle is daartoe verbind om doeltreffende produkte te verskaf, ondersteun deur langtermyn-kliënteverhoudings en interne vervaardigingskundigheid.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Brommers kan ‘n skaap lewendig opvreet

Estimated reading time: 4 minutes Brommers wat skape aanval, vreet die diere feitlik lewend op. Groenbrommers...

Only an effective vaccination plan can prevent lumpy skin disease

Estimated reading time: 6 minutes Every year producers suffer substantial losses because of their cattle...

Feeding for fertility: How early-life nutrition impacts dairy herds

Estimated reading time: 7 minutes The Guinness World Record holder cow for lifetime milk production,...

Só lyk ’n goeie voerkraallam

Estimated reading time: 5 minutes Die ideale voerkraallam is laat-volwasse, toon uitstekende groei, handhaaf goeie...