In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor houtvesel wat in die tekstielbedryf gebruik word, daar is terugvoer oor die Rooivleis-abattoirvereniging se kongres, daar is meer oor Moalosi Bonsmara se veiling en ons ontvang die nuutste landbounuus.
Houtvesel in die tekstielbedryf
Het jy geweet houtvesel word ook in die tekstielbedryf gebruik? Madelaine Fourie van Sappi Verve verduidelik wat dié proses behels en watter rol naspeurbaarheid ook in hierdie bedryf speel.
Rooivleis-abattoirvereniging hou kongres
Die Rooivleis-abattoirvereniging het onlangs hul kongres in Somerset-Wes aangebied. Dr Gerhard Neethling brei oor die kongres uit.
Moalosi Bonsmara veiling
Ons gesels met ‘n Bonsmara-boer van die Vryburg-omgewing oor sy betrokkenheid by jonger kommersiële Bonsmara-boere. Duncan Serapelwane van Moalosi Bonsmara is ‘n mentor, maar skenk ook elke jaar in Junie ‘n vers aan twee opkomende jongboere.
Nuutste landbounuus
Moet ook nie ons weeklikse landbounuus misloop nie.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.