Monday, February 3, 2025

RSG Landbou: 21 Oktober 2024 – geborg deur Plaas Media

‘n Bekende in landboukringe, Japie Grobler, wat ook as voorsitter van Agri SA gedien het, het tydens dié organisasie se kongres en viering van hul 120ste bestaansjaar oor sy pad met landbou gesels. Hy vertel onder meer van voormalige ministers van landbou en deel ‘n paar gedagtes oor die toekoms van georganiseerde landbou in Suid-Afrika.

Michael Allen en sy seun Gareth van G&M Farming Enterprises in Mpumalanga, is een van die finaliste van vanjaar se Graan SA Graanprodusent van die Jaar-kompetisie. Ons vind meer uit oor hul boerdery.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Related Posts

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Plaashekpryse/Farm gate prices Die jongste vleispryse...

SA goat breeds suit the Zimbabwean landscape

Estimated reading time: 7 minutes Pathisani Ncube has a wholly...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 1 minute Johan van den Berg is...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 4 of 2025

The weekly pork carcass prices are brought to you...

The South African rabbit meat industry in the spotlight

Estimated reading time: 7 minutes Rabbit meat is not...

Ivermektien: Veilig vir dier én mens?

Estimated reading time: 4 minutes Die potensiaal van ivermektien...