Monday, March 10, 2025

RSG Landbou: 21 Mei 2024 – geborg deur Nutrico

Die rooivleisbedryf het die afgelope 10 jaar nie na wense gegroei nie. Bykomend tot hierdie uitdaging is daar ook druk op die produsent en die verbruiker. Dawie Maree van FNB het tydens ‘n boeredag ‘n paar vrae oor dié bedryf beantwoord.

Ons hoor ook wat Niel Venter van die Rooivleis-abattoirvereniging te sê het oor hul samewerking met die Departement van Landbou. Die onderwerp van naspeurbaarheid het ook weer aandag geniet tydens dié vereniging se kongres.

Verder gesels dr Francois van de Vyver van Kemin oor energiebenutting in ‘n voerkraalbees.

Heinrich Victor is ook terug met die wolmarkverslag.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Nutrico

Nutrico is ‘n gespesialiseerde formuleerder, vervaardiger en verskaffer van verskei multifunksionele plantvoeding, beskerming en biostimulerende produkte. Hulle is daartoe verbind om doeltreffende produkte te verskaf, ondersteun deur langtermyn-kliënteverhoudings en interne vervaardigingskundigheid.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Die bestuur van somatiese seltelling in melkbeeste (Deel 1)

Estimated reading time: 5 minutes Hoë somatiese seltelling (SST) in melkkoeie is ’n simptoom van...

On buying a cheaper Chinese vehicle

Estimated reading time: 4 minutes Gert, our farm mechanic, often gets consulted by young staff...

The future calf in mind: Supplementation of beef cows

Estimated reading time: 5 minutes The nutritional requirements of beef cows change as they proceed...

Laat die beeste die praatwerk doen

Estimated reading time: 7 minutes Hulle is aangewys as KwaZulu-Natal se Jongboer van die Jaar...