In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die waarde wat die Kalahari-duineveld as weiding het en oor Lasarus Game and Livestock se aanlynveiling.
Kalahari-duineveld
Het jy geweet die Kalahari strek oor nege landsgrense? In vanoggend se RSG Landbou gesels prof Charlie Reinhardt oor die waarde wat die Kalahari-duineveld as weiding het. Water speel hier ‘n kardinale rol en daar is selfs bewyse dat die ondergrondse water van die Kalahari al 30 000 jaar oud is. Die vraag is egter hoe hierdie water aangevul word. Moenie dié interessante gesprek misloop nie.
Lasarus Game and Livestock hou aanlynveiling
Ons hoor ook oor 7 Februarie se Lasarus Game and Livestock aanlynveiling waartydens unieke wildspesies, leeus, Ankole-beeste, inheemse veldbokke en hoenders aangebied word. Nico Lerm vertel ons meer.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.