Monday, February 3, 2025
HomePodcastsRSG Landbou: 2 Oktober 2024 - geborg deur AECI Plant Health

RSG Landbou: 2 Oktober 2024 – geborg deur AECI Plant Health

-

Wat benadeel grondstruktuur en hoe kan dit verbeter? Ons vra in moreoggend se RSG Landbou vir Jacques Swanepoel van AECI Plant Health hierdie vrae.

Die nuutste Absa Agri Trends-verslag wat fokus op plaaslike en internasionale faktore wat ‘n impak op landbou kan hê, is tydens Nampo Kaap bekendgestel en ons hoor wat dr Marlene Louw van Absa Agribesigheid hieroor te sê gehad het.

Dan luister ons verder na die minister van Landbou, John Steenhuisen, waar hy vrae oor die toekoms van die Landbank en die Landbou- en Agri-prosesseringsmeesterplan, beantwoord het.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur AECI Plant Health.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Katoen-verwysingsprys: Week van 27 tot 31 Januarie

Die Suid-Afrikaanse Katoenprodusente-organisasie (SAKPO), met die ondersteuning van Katoen SA, het ’n platform geskep om elke week ’n gemiddelde verwysingsprys vir katoenvesel deur te gee....