Harde- en sagteveer hoenders is rasspesifiek, maar waarvoor word dié hoenders geteel en hoe verskil skouvoorbereiding van dié geveerde vriende? In vanoggend se RSG Landbou beantwoord Jaco van Wyk van die Mpumalanga Pluimveeklub hierdie vrae.
Die landboumaatskappy, NWK, se halfjaar finansiële resultate toon ‘n afname van 50% en die nuut aangestelde hoof uitvoerende beampte, Pieter Kleingeld, verskaf die redes hiervoor.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.