Tru-Cape het onderneem om sy koolstofvrystellings met 50% te verlaag oor die volgende ses jaar. Daarna word die doelpale dramaties verskuif. Roelf Pienaar verskaf die redes hiervoor. Hy gesels ook oor die projekte wat reeds in plek is om dié doelwit te bereik.
Sniper-opleiding wat in landbou-kringe bekendstaan as opleiding in presisie-tegnologie is onlangs by Nampo Park aan handelaars en personeel van CASE IH en New Holland aangebied. Nico Myburgh vertel ons wat dit behels.
Dan gesels Theo Hoffmann oor die Bosvelder studiegroep en wat tydens hul veiling van 24 Augustus op Bela-Bela aangebied sal word.
Frans de Klerk, ‘n onafhanklike tegniese ontleder, deel sy perspektief en voorspellings oor die beweging van die sojaboonprys.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.