Monday, February 3, 2025
HomePodcastsRSG Landbou 18 November 2024 - geborg deur Plaas Media

RSG Landbou 18 November 2024 – geborg deur Plaas Media

Osplaat Boerdery in die Jansenville-distrik was onlangs die plek waar Boerbokramme vir die volgende fase van die Oos-Kaap Boerbokklub-veldramprojek, gekeur is. Projekbestuurder, Marlé Slabbert, verduidelik hoe dié proses werk.

Dan gesels Lubbe Jacobs van die Suid-Afrikaanse Vetveebeoordelaarsvereniging, oftewel SAFJA, oor die waarde van vetveeskoue vir beide die produsent en die gemeenskap.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Regsadvies en landboukennis op Plaas TV

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes: Die produksie van melkkoeie...