RSG Landbou: 18 Augustus 2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor die Wagyu-wêreldkonferensie en Karsten Boerdery.

Wagyu-wêreldkonferensie

Het jy geweet die Wagyu-beestelersgenootskap van Suid-Afrika is in Oktober vanjaar die gasheer van die Wagyu-wêreldkonferensie? Waldo Scheepers gesels oor hierdie geleentheid en spesifiek oor die produksiepraktyke wat tydens die konferensie aandag sal geniet.

Karsten Boerdery

Karsten Boerdery is ‘n bekende tafeldruifprodusent van die Noord-Kaap, maar het ook ‘n plaas by De Doorns. Anton Bothma is die bestuurder op dié plaas en ons het tydens die afgelope SA Tafeldruiwekonferensie met hom gesels.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Weidingsgehalte in die berugte doodmaakmaande

Estimated reading time: 7 minutesSuurveld kom hoofsaaklik in die hoëreënvalgebiede van die oostelike dele...

Boost young animals’ immunity before the lambing and calving season

Estimated reading time: 4 minutesVaccinating ewes and cows four to six weeks before lambing...

Klimaatslimboerdery bied kos vir die siel én die veld

Estimated reading time: 8 minutesDit het Veronica Rorich se passie geword om herwinningsboerdery aan...

AFMA Matrix September 2026 – Forum issue now available

Estimated reading time: 2 minutesThe September 2026 edition of AFMA Matrix is a special...