In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor BKB se speenkalfveiling op 20 Januarie, hoe dit gaan met landbou in die Noord-Kaap en ons ontvang die nuutse weervooruitsigte en vleispryse.
Grootste speenkalfveiling
BKB bied op 20 Januarie die grootste speenkalfveiling in die land in Bloemfontein aan. Schalk Buitendach van die Dorland Trust praat oor die nagenoeg 6 000 diere wat op aanbod gaan wees.
Landbou in die Noord-Kaap
Groot kommer heers oor die droogte in die Noord-Kaap, maar hoe lyk die oorhoofse prentjie en hoe gaan dit met landbou in dié provinsie? Ons gesels met Willem Symington van Agri Noord-Kaap.
Weeklikse weergesprek
Moet ook nie ons landbou-weergesprek met Johan van den Berg misloop nie.
Nuutste vleispryse
Dan is Chris Derksen terug met die week se vleispryse.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.