Thursday, September 19, 2024

RSG Landbou: 15 Augustus 2024 – geborg deur BKB

Die impak van brande op sekere boomspesies in die Kalahari is een van die onderwerpe wat tydens die Weidingsvereniging van Suidelike Afrika-kongres ter sprake gekom het. Prof Susi Vetter van die Universiteit van Rhodes gesels oor die navorsing wat hulle op hierdie gebied doen.

Die vyfde BKB Afrika-Lewendehawe-ekspo word vroeg in September by die Afridome in Parys gehou. Ons gesels met De Waal Nigrini oor die doel van dié ekspo.

En soos altyd op ‘n Donderdag sal Johan van den Berg ons op hoogte bring van die nuutste weervooruitsigte en Chris Derksen fokus op vleispryse.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Sustainable farming – finding the sweet spot

Estimated reading time: 7 minutes Horizontal expansion in farming is becoming increasingly difficult in SA...

Voorbereiding vir ’n dissiplinêre verhoor

Estimated reading time: 4 minutes Werkgewers moet seker maak wat van hulle verwag word voor...

Topskaapboer floreer met ’n simplistiese lae-inset benadering

Estimated reading time: 7 minutes Wikus Bekker, ’n Dohne-Merino-boer van die plaas Geluksdam by Edenburg...

Die Sybokhaarbemagtigingstrust: Ekonomiese vordering deur inklusiwiteit en diversiteit

Estimated reading time: 5 minutes Die Sybokhaarbemagtigingstrust funksioneer onder die sambreel van Sybokhaar Suid-Afrika en...