Monday, February 3, 2025

RSG Landbou: 11 November 2024 – geborg deur Nutrico

Die RMIS, oftewel die Red Meat Industry Services, het op 1 November die eerste fase van die naspeurbaarheidsplatform bekendgestel. Dit skop af met die identifikasie van produksie-eenhede in al die dele van die rooivleiswaardeketting. Ons gesels Maandagoggend met dr Phillip Oosthuizen hieroor.

Dan brei Annelize Crosby van Agbiz uit oor die nuutste parlementêre verslag en wat op landbou van toespassing is. Sy lê veral klem op die tabakwet en bek-en-klouseer.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Nutrico.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.