Welgemeen Boerdery in die Witzenbergvallei het einde verlede jaar top-eerbewyse vir algehele uitnemendheid by Ceres Vrugtekwekers se jaarlikse toekenningsgeleentheid opgeëis. Hulle is ook die eerste ontvanger van die Buks Nel-wisseltrofee vir die beste prestasie in BigBucks Gala. Ons gesels met Hannes Hanekom oor dié sukses.
Dan is Heinrich Victor terug met die nuutste wolmarkverslag.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.