Monday, January 27, 2025

RSG Landbou: 11 Desember 2024 – geborg deur BKB

Algemene veiligheidsaspekte en wetlike vereistes wat van toepassing is in terme van beroking en plaagbeheer in die graanbedryf het onder bespreking gekom tydens nog ‘n aanlyn SHEQ-werksessie. Dr Gerhard Verdoorn van CropLife SA, het ook oor die berging van chemiese middels en noodmaatreëls om te volg, uitgebrei.

Aartappel SA vertel ons ook meer oor die aartappelmarkverslag van Oktober.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.