Monday, February 3, 2025
HomePodcastsRSG Landbou: 1 Oktober 2024 - geborg deur AECI Plant Health

RSG Landbou: 1 Oktober 2024 – geborg deur AECI Plant Health

-

In moreoggend se RSG Landbou beantwoord ons ‘n luisteraarsvraag oor die nastergalbessie. Louwtjie du Toit van Bloukopboerdery in die Morgenzon-omgewing gesels oor die geskiedenis van die bessie, produksie en gebruike.

Graan SA se gewilde Day of Celebration, waar die beste ontwikkelende en kommersiële graanboere aangewys word, het onlangs plaasgevind. Ons hoor van dr Tobias Doyer van Graan SA en Annette Steyn, hoofspreker en raadgewer vir die Minister van Landbou.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur AECI Plant Health.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

LandbouRadio: 3 Februarie 2025

Welkom by 'n splinternuwe LandbouRadio met 'n effense ander baadjie aan. Ons groet vandag ons jarelange omroeper, Gerda le Roux. Aanbieder LiMari gesels met...