Thursday, September 19, 2024
HomePodcastsRSG LandbouRSG Landbou: 1 Junie 2023 - geborg deur Plaas Media

RSG Landbou: 1 Junie 2023 – geborg deur Plaas Media

Die Muskadel SA-toekennings het na drie jaar teruggekeer met vier Platinum-wenners en Henri Swiegers vertel ons meer daarvan in Donderdag se aflewering van RSG Landbou.

Vanjaar se Agri Noordwes-jongboerwenner, Gideon van Zyl, is lid van Kroon Vee-familieboerdery in die Vryburg-omgewing. Ons gesels onder andere met hom oor sy visie – dit is om hulle as markleier in die Brahman-stoetbedryf te vestig.

Johan van den Berg is weer terug op sy pos met die weeklikse bespreking oor weerstoestande en hoe dit landbou beïnvloed.

Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

RSG Landbou: 17 September – geborg deur Plaas Media

Estimated reading time: 1 minute Wanneer die opvolgstrategie by ‘n familieboerdery nie fyn beplan word nie, kan die pap op die grond val. Dit was...