OVK vereer lojaliteit

Estimated reading time: 2 minutes

Die landbougroep OVK met sy hoofkantoor op Ladybrand, het onlangs sy mees lojale produsente tydens ’n glansgeleentheid op Bloemfontein vereer. Sewentig toekennings is op die aand uitgedeel as bewys dat OVK en hul kliënte langs een vuur sit.

Chris Bender, OVK se voorsitter, sê te midde van talle uitdagings, wat boere die hoof moet bied, is dit vir OVK belangrik om deurgaans stabiliteit aan hul kliënte te verseker. Die aand was dus ’n geleentheid om kliënte, wat op OVK se steun staatmaak, te vereer vir dít wat hulle tot die Suid-Afrikaanse landbou bydra.

Om in aanmerking vir ’n toekenning te kon kom, is ’n kliënt se geskiedenis met die landboumaatskappy in aanmerking geneem. Na aanleiding van dié verhouding is produsente dan in kategorieë verdeel en toekennings is aan die hand daarvan gemaak.

Van die toekennings van die aand:

“Hierdie funksie beklemtoon dat elke kliënt, groot of klein, belangrik is vir OVK. Nes ons personeel is elke kliënt vir ons ’n bate,” sê Bender

Bender beklemtoon dat wedersydse lojaliteit uiteindelik die hoeksteen van die glansgeleentheid is wat daargestel word om verhoudings, nie net tussen OVK en sy produsente-kliënte te versterk nie, maar ook die verhouding met insetverskaffers te versterk, en verder uit te bou. Uiteindelik is verhoudings immers belangriker as omset. – Elnieke Bronkhorst, Plaas Media

‘n Tuli-kudde wat sy omgewing bemeester deur aanhoudende verbetering

Estimated reading time: 5 minutes Christo Rothmann van Bushman’s Mountain Tuli’s is in 2025 met...

What is the worst that can happen?

Estimated reading time: 3 minutes Risk is the likelihood of damage or loss. Peril, on...

Suiwelgehalte en -veiligheid vat die voortou

Estimated reading time: 4 minutes Die Suiwelstandaard-agentskap (SSA) is toegewy tot die bevordering van sy...

AFMA Matrix April 2026 now available

In the April 2026 edition of AFMA Matrix, the spotlight falls on the newly...