Noord-Kaap Veldram Projek hou produksieveiling

Estimated reading time: 3 minutes

Die Noord-Kaap Veldram Projek (NKVP) het op 5 Februarie hul jaarlikse produksieveiling gehou. Tydens die geleentheid is 66 Dorperramme, 24 Wit Dorperramme, 17 Van Rooy-ramme en 15 Boerbokramme van die hand gesit.

Veldramme se pryse styg stewig

Die pryse het sommer by die eerste Dorperram goed begin styg. Die duurste Dorperram is vir R80 000 verkoop. Hierdie ram het aan Charl Kleinhans van Steytlerville behoort en is aan Christo van Deventer van Prieska verkoop.

Die duurste Wit Dorperram kom uit die stoet van Johannes Human en is aan Nico Steyn verkoop. Steyn het aanlyn op die veiling meegeding. Die ram het hom R24 000 uit die sak gejaag.

Die duurste Wit Dorper op die Noord-Kaap Veldram Projek se produksieveiling op Prieska is ook aan Nico Steyn verkoop. Die ram het aan Johannes Human (regs agter) behoort. Saam met hom op die foto is Johan Botha, die hoofborg van die dag. Die hanteerders by die Van Rooy ram is Jason Eland en Adrey George.

Steyn het ook die duurste Boerbok van Louis janse van Rensburg van Prieska vir R22 000 gekoop.

Die duurste Boerbok op die Noord-Kaap Veldram Projek produksieveiling op Prieska het aan Louis van Rensburg behoort. Hy is vir R22 000 aan Nico Steyn verkoop, wat aanlyn meegeding het. Op die foto is Johan Botha (hoofborg van die dag), Stiaan von Willigh (organiseerder van Vleissentraal wat die veiling aangebied het) en Louis van Rensburg. Die hanteerder is Flip van Wyk.

Die duurste Van Rooy-ram het aan Anel Liebenberg van Prieska behoort en is aanlyn deur Johan Stadler vir R12 000 gekoop.

Die duurste Van Rooy-ram op die Noord-Kaap Veldram Projek se jaarlikse veiling op Prieska het aan Anel Liebenberg behoort. Die ram is aan Johan Stadler verkoop wat aanlyn gebie het. Op die foto verskyn sy saam met Stiaan von Willigh en Danie Strauss van Vleissentraal. Die hanteerders is Hannie Mouwers en Marius Frans.

Die gemiddelde pryse vir die Dorper-stoetramme was R14 272 terwyl die wit Dorper-ramme gemiddeld R12 333 behaal het. Die Van Rooy-ramme is teen ’n gemiddeld van R8 764 verkoop en die Boerbokke teen ’n gemiddeld van R11 333. – Koos du Pisanie, Plaas Media

‘n Tuli-kudde wat sy omgewing bemeester deur aanhoudende verbetering

Estimated reading time: 5 minutes Christo Rothmann van Bushman’s Mountain Tuli’s is in 2025 met...

What is the worst that can happen?

Estimated reading time: 3 minutes Risk is the likelihood of damage or loss. Peril, on...

Suiwelgehalte en -veiligheid vat die voortou

Estimated reading time: 4 minutes Die Suiwelstandaard-agentskap (SSA) is toegewy tot die bevordering van sy...

AFMA Matrix April 2026 now available

In the April 2026 edition of AFMA Matrix, the spotlight falls on the newly...