Estimated reading time: 2 minutes
Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes:
- Die Boran-beestelersgenootskap se nasionale veiling, een van die grootste nasionale beesveilings in Suid-Afrika, vind eersdaags plaas. Christopher Havenga brei nou hieroor uit.
- Sakkie en Nicky Nell Boerbokstoet is volgende jaar vir 100 jaar in die bedryf. Ons kuier vandag in die Jansenville-omgewing naby Brakrivier by Sakkie en Nicky Nell om meer oor hul suksesresep uit te vind.
- Alwyn Kraamwinkel van Sampro gee perspektief oor die kleinhandelverkope van suiwelprodukte in 2023 en 2024.
- Die Thabazimbi Landbou- en Nywerheidskou word van 23 tot 27 Julie aangebied en beloof om waardevol vir veral veeprodusente te wees. Abraham Groenewald vertel ons nou wat besoekers te wagte kan wees.
- Brangus SA se 39ste nasionale veiling word vanjaar op 7 Augustus by die Afridome in Parys aangebied. Kinnear Geldenhuys gesels onder andere oor dié ras se eienskappe, en wat kopers in Augustus kan verwag.
Presenter/s dressed by Jonsson Workwear.
Het jy geweet dat Plaas TV ‘n Facebook blad het? Besoek ons blad by https://web.facebook.com/PlaasTV/?_rdc=1&_rdr om op hoogte te bly van die jongste landbounuus en -onderwerpe!
Klik op die YouTube-kanaal se skakel om weer Plaas TV se episodes te kyk: https://www.youtube.com/channel/UC8UyKudlhB1OzbEcSRO1S3A
Plaas TV/Farm TV is in Junie 2020 bekendgestel en verskaf topgehalte en feitelik korrekte landbounuus en -inhoud. Klik op die skakel hierbo om al Plaas TV se inhoud van die afgelope twee jaar te sien. Van landbouprogramme tot die geskiedenis van pinotagewyn, Plaas TV dek alle uithoeke van die landbousektor.