RSG Landbou: 8 Julie 2024 – geborg deur BKB

Ons het tydens vanjaar se Agbiz-kongres met Johan Stumpf, die besturende direkteur van die BKB Groep gesels. BKB se Agbiz-lidmaatskap kom onder bespreking en ook sake van belang vir dié groep se wol- en lewendehawebesigheid.

‘n Landbou-ekonomie student aan die Universiteit van die Vrystaat, Siphiwe Tshabalala, vertel van hulle besoek aan Spanje en hul voorlegging aan die IFAMA-vereniging, oftewel International Food and Agribusiness Management Association.

Die aanstelling van John Steenhuisen, leier van die Demokratiese Alliansie (DA), as minister van landbou asook die aanstelling van Mzwanele Nyhontso as minister van grondhervorming en landelike ontwikkeling het gemengde reaksies in landbou uitgelok. Annelize Crosby, die hoof van regsintelligensie by Agbiz, deel ‘n paar gedagtes. 

Ons hoor ook by Nelius Ferreira van Ferrero Bonsmara wat vir hul produksieveiling op 17 Julie beplan word.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must read

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Plaashekpryse/Farm gate prices Die jongste vleispryse word weekliks aan u gebring deur Absa en die RPO. Neem kennis dat hierdie nie kleinhandelpryse is nie, maar wel plaashekpryse wat BTW uitsluit. Get the...

Shifting seasons lead to fire hazards

Estimated reading time: 4 minutes It is fire season. Several intense veld fires have been reported in various parts of the country, causing loss of winter forage and stored hay bales, but more tragically, have...
Cilo Cybin noteer op JSE

Landbougeleenthede bly belangrik – Plaas TV vertel meer

Estimated reading time: 2 minutes Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes: 'n Mediese-kannabis-beleggingsmaatskappy genaamd Cilo Cybin Holdings Limited het onlangs op...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 28 of 2024

The weekly pork carcass prices are brought to you by the South African Pork Producer's Organisation (SAPPO). Click here for this week's report. How are these prices calculated? The Red Meat Abattoir Association (RMAA) gathers pricing data...
Plaas TV, alternatiewe energie MPO stewardship

HSRC survey: SA Agribusinesses demonstrates innovation despite challenges

Estimated reading time: 4 minutes A recent survey conducted by the Human Sciences Research Council (HSRC) has found that over two-thirds of South African agribusinesses implemented innovative activities between 2019 and 2021, despite the disruptions...