Estimated reading time: 1 minute
In Woensdag, 8 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Ons spring weg met Leon die skaapherder en sy Woensdagwenk. Vandag gesels hy oor die ontwrigting van ‘n dier se skouergewrig as gevolg van swak hantering.
- Andries Wiese, hoof van landbou by Hollard, praat oor die begrip ‘risiko’ en hoe skaapboere hulle risiko kan bestuur met Hollard se spesiale versekeringsproduk.
- Johan gesels met Dan Kriek, hoofbestuurder van die Nasionale Wolkwekersvereniging, oor hulle eeufeesvieringe en die organisasie se strategiese doelwitte.
- Dr Frikkie Marè, hoof uitvoerende beampte van die Nasionale Rooivleisprodusente-organisasie, verduidelik die proses wat gevolg moet word voordat hulle die weeklikse karkaspryse aan produsente deurgee.
Besoek ons Soundcloud-blad om na vorige uitsending van LandbouRadio te luister: https://soundcloud.com/andbouadio