In Dinsdag , 17 Maart se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende gesprekke:
- Richardt Venter, kuilvoerkonsultant, gesels oor pH-vlakke in kuilvoer.
- Dr Heinz Meissner van Melk SA gesels oor hulle DESTiny-navorsingsprojek.
- Susan Marais van Plaas Media het tydens die onlangse klimaatslim beesproduksiewerkswinkel met prof Michiel Scholtz van die LNR gesels oor fenotipiese seleksie en hoe dit op beeste se voorkoms betrekking het.
- Carin Venter van Plaas Media gesels met dr Gerhard Niemand oor die verbouing van boegoe in Suid-Afrika.
- Dawie Killian van die OVK-wolkantoor gee vir ons die nuutste wolmarkpryse.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.