Landboumarkte: November 2025 Varkvleispryse skiet verder op

Estimated reading time: 2 minutes

Die rand versterk vir ’n derde maand in ’n ry teenoor die Amerikaanse dollar, en sluit die maand af op R17,17 vir een dollar – sowat 13 sent sterker as aan die einde van Oktober. Die rand versterk ook teenoor die Euro met ongeveer 13 sent en sluit die maand af op R19,89 vir een Euro. Wat inflasie betref is daar gesien dat die verbruikersprysinflasie op 3,6% bereken is vir Oktober 2025 en die produsenteprysinflasie op 2,9% bereken is, met die prima-rentekoers wat met 25 basispunte gedaal het en tans op 10,25% staan.

Mieliepryse begin styg

Die geelmielieprys toon in die maand van November verbetering en sluit die maand af op ’n prys van R3 710/ton wat ’n R129/ton verbetering is vanaf die vorige maand.

Beeskarkaspryse toon weer opwaartse tendens

Die beeskarkaspryse toon weereens opwaartse neigings. Die gemiddelde A2-karkasprys styg met ongeveer R0,97/kg en sluit die maand op ʼn gemiddelde prys van R73,12/kg af. Terwyl die gemiddelde klas B2-karkasprys ook verbeter het met sowat R2,58/kg tot ’n gemiddelde prys van R66,59/kg aan die einde van November. Die gemiddelde C2-karkasprys toon ook ’n opwaartse tendens en sluit November op R64,65/kg af wat ’n verhoging van R2,43/kg is vanaf laas maand. Die speenkalfmark het ook versterk  tot ’n gemiddelde prys van R40,270/kg – ongeveer R2,41/kg ho137r as ’n maand tevore.

Wisselvallige skaapkarkaspryse

Na die vorige maande se daling in pryse, ervaar skaapvleispryse ’n wisselvallige maand gedurende November. A2-skaapkarkasse se gemiddelde prys styg met ongeveer R0,15/kg en eindig die maand op ’n gemiddelde prys van R109/kg. B2-skaapkarkasse ervaar ’n daling van ongeveer R2,09/kg en sluit die maand op ’n gemiddelde prys van R83,32/kg af. Die C2-skaapkarkaspryse ervaar wel ’n styging van R0,26/kg en sluit die maand dus op ’n gemiddelde prys van R83,35/kg af. Teenoor die daling in skaapvleispryse het die stoorlamprys ’n effense versterking van ongeveer 47 sent ervaar en sluit die maand op ʼn gemiddelde prys van R50,68/kg af.

Varkkarkaspryse styg steeds

Die O-varkkarkasprys ervaar ’n goeie laaste kwart van 2025 met ’n verdere styging in pryse (Figuur 1). Die O-varkkarkasprys eindig die maand op ’n gemiddelde prys van R38,14/kg – ’n versterking van ongeveer R1/kg teenoor Oktober. – Iniel Huggett en dr WA Lombard, Departement van Landbou-Ekonomie, Universiteit van die Vrystaat

Related

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 12 of 2026

The weekly pork carcass prices are brought to you by the South African Pork Producer's Organisation (SAPPO). Click here for this week's report. How are these...

Katoen-verwysingsprys: Week van 16 tot 20 Maart

Die Suid-Afrikaanse Katoenprodusente-organisasie (SAKPO), met die ondersteuning van Katoen SA, het ’n platform geskep om elke week ’n gemiddelde verwysingsprys vir katoenvesel deur te gee....

Landboumarkverslag: Februarie 2026

Estimated reading time: 2 minutes Gedurende Februarie 2026 het die rand merkbaar versterk. Teenoor die Amerikaanse dollar het dit met ongeveer 24 sent verbeter vanaf...