Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes:
- Die Boran-beesras het homself selfs in die Wes-Kaap gevestig en is verskeie telers se voorkeurras, weens sy vermoë om suurveld effektief in kilogram vleis om te sit. Christopher Havenga het by die afgelope Nampo Kaap hieroor uitgebrei.
- Verskeie provinsies het sake uitgespook gedurende vanjaar se nasionale jeugskou-kampioenskap naby Middelburg in Mpumalanga. Plaas TV was ook hier om al die aksie vas te vang. Kyk dié video vir terugvoer.
Kyk laasjaar se uitsending van die Jeugskou hier.
- Absa AgriBesigheid het gedurende die afgelope Nampo Kaap, sy nuutste landboutendenseverslag bekendgestel. Plaas Media se Hugo Lochner het met dr Marlene Louw daaroor gesels.
- Unemployment, biosecurity, exports and the Agriculture Master Plan are just some of the issues that the newly appointed Minister of Agriculture, John Steenhuisen, has on his plate. Plaas Media’s Lynette Louw had the opportunity to discuss some of these pressing issues with him during Nampo Cape 2024. Let’s hear what he has to say.
Die minister van landbou streef vir effektiewe resultate, meer hieroor in die artikel.
- Wêreldhondsdolheidsdag het in September plaasgevind om bewusmaking oor die toenemende risiko van dié siekte te skep. Staatsveearts, dr Alicia Cloete brei nou hieroor uit.
- Fabian Solomons, ‘n verkoopsteenwoordiger by Rovic, het gedurende die afgelope Nampo Kaap uitgebrei oor hul reeks produkte, spesifiek vir elke landboubehoefte.
- Rovic se Seko-menger is ‘n markleier in voermengers en ‘n betroubare hulpmiddel vir ‘n volhoubare boerdery. Phillip Oosthuizen het by die afgelope Nampo Kaap hieroor uitgebrei.
Presenter/s dressed by Jonsson Workwear.
Het jy geweet dat Plaas TV ‘n Facebook blad het? Besoek ons blad by https://web.facebook.com/PlaasTV/?_rdc=1&_rdr om op hoogte te bly van die jongste landbounuus en -onderwerpe!
Klik op die YouTube-kanaal se skakel om weer Plaas TV se episodes te kyk: https://www.youtube.com/channel/UC8UyKudlhB1OzbEcSRO1S3A
Plaas TV/Farm TV is in Junie 2020 bekendgestel en verskaf topgehalte en feitelik korrekte landbounuus en -inhoud. Klik op die skakel hierbo om al Plaas TV se inhoud van die afgelope twee jaar te sien. Van landbouprogramme tot die geskiedenis van pinotagewyn, Plaas TV dek alle uithoeke van die landbousektor.