Kompetisies, kampioenskappe en meer – Plaas TV dek alles

Estimated reading time: 2 minutes

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes:

  • Die 2024 Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe was vanjaar vir die 191ste keer aangebied. Ons gesels met die wenner van die eerste Hollard Game-Changer toekenning en hoofkaasmaker by Klein River Cheese, Clement October.
  • It’s not just fun and games but also about learning. Excitement reigned at this year’s AFMA Feed Miller Short Course where 52 participants attended. The Plaas TV team was also present, and spoke to a few role-players about their experiences.
  • Drie klimaatslim-veeboere het onlangs deurgedring as finaliste in die Veeplaas Klimaatslim ambassadeur-projek wat vanjaar vir die derde keer aangebied word. Dr Louis du Pisani brei nou hieroor uit.
  • Plaas Media het aan die begin van 2022 die Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur-projek van stapel gestuur. Projekte soos dié se sukses hang af van borge se deelname en ondersteuning. Zoetis is weer een van hierdie borge en dr Natanya Smit vertel ons waarom hulle as maatskappy betrokke is by dié projek.
  • Pannar posisioneer homself op drie pilare, waaronder volhoubaarheid, ‘n volledige somergewaspakket, en goeie verhoudings met sy produsente. John Odendaal het gedurende Nampo 2024 hieroor uitgebrei, asook die maatskappy se fokus op agronomiese navorsing.
  • Graan SA se 56ste Nampo Oesdag wat van 14-17 Mei 2024 op Nampo Park net buite Bothaville aangebied is, was ‘n groot sukses. ‘n Rekordgetal van 86 474 besoekers oor die vier dae, asook 865 uitstallers, is aangeteken. Plaas TV was ook daar om die aksie vas te vang, en met rolspelers en besoekers te gesels.

Presenter/s dressed by Jonsson Workwear.

Het jy geweet dat Plaas TV ‘n Facebook blad het? Besoek ons blad by https://web.facebook.com/PlaasTV/?_rdc=1&_rdr om op hoogte te bly van die jongste landbounuus en -onderwerpe!

Klik op die YouTube kanaal se skakel om weer Plaas TV se episodes te kyk: https://www.youtube.com/channel/UC8UyKudlhB1OzbEcSRO1S3A

Plaas TV/Farm TV is in Junie 2020 bekendgestel en verskaf topgehalte en feitelik korrekte landbounuus en -inhoud. Klik op die skakel hierbo om al Plaas TV se inhoud van die afgelope twee jaar te sien. Van landbouprogramme tot die geskiedenis van pinotagewyn, Plaas TV dek alle uithoeke van die landbousektor.

‘n Tuli-kudde wat sy omgewing bemeester deur aanhoudende verbetering

Estimated reading time: 5 minutes Christo Rothmann van Bushman’s Mountain Tuli’s is in 2025 met...

What is the worst that can happen?

Estimated reading time: 3 minutes Risk is the likelihood of damage or loss. Peril, on...

Suiwelgehalte en -veiligheid vat die voortou

Estimated reading time: 4 minutes Die Suiwelstandaard-agentskap (SSA) is toegewy tot die bevordering van sy...

AFMA Matrix April 2026 now available

In the April 2026 edition of AFMA Matrix, the spotlight falls on the newly...