Tuesday, February 4, 2025

Hennie Maas: Die stem het stil geword

Estimated reading time: 6 minutes

‘n Groot stem het stilgeraak. Hennie Maas is vanoggend, Donderdag, 4 April, om half vier oorlede. ‘n Groot verlies vir ons almal maar, vermoed ek, ‘n verlossing vir homself. Ons hier by Plaas Media hou in hierdie tyd vir Ingrid en Hennie-Chris styf teen ons harte vas.

Bekend en geliefd

Hennie se openbare loopbaan is welbekend. Die stem agter programme soos Uitspan op die Hollandse Werf destyds, en meer onlangs Hoe verklaar u dit, Pixel, RSG Landbou en tot op die einde die ongelooflike Sterre en Planete, was ‘n welkome gas in menige Suid-Afrikaanse huis.

Dis die gang van die lewe. Mense leef, en dan sterf hulle. En op 81 het Hennie ‘n goeie innings gehad. Maar dis die ‘hoe’ van sy lewe, die invloed wat hy op ander gehad het, wat na my mening so merkwaardig was.

Hier is hoe Lynette Louw, besturende direkteur van Plaas Media, dit beskryf:

“Hoe ouer ‘n mens word, hoe meer inspirasie put jy uit ander se doen en late, en hoe meer besef jy hoe groot die geeste is met wie ons daagliks werk. Vir my was Hennie ‘n voorbeeld op soveel vlakke. Sy werksetiek was prysenswaardig en sy belangstelling in alles wat in ons maatskappy aangegaan het, was ‘n riem onder die hart. Die oproepe en geselsies, en sommer net die deel van gedagtes was altyd ‘n welkome briek tydens die rondhol, arbei en beplan. Waaraan ek my egter altyd verwonder het, was hoe sy dors na kennis net nooit opgedroog het nie. En hy het so graag verduidelik en uitgevra, en sy ongelooflike breĂ« algemene kennis gedeel.

“Hy was ‘n voorbeeld vir veral jonger mense, en menigmaal het die groener groepie se monde oopgehang oor diĂ© tech-savvy man. Hennie laat ‘n ongelooflike leemte en sy stem sal net nooit stil wees nie. Hy was ‘n mentor vir vele en ‘n voorbeeld van hoe vol ‘n lewe geleef kan word.”

Klik hier vir die nuutste RSG Landbou radio-inhoud.

‘n Mentor in die bedryf

Lise Roberts, aanbieder van RSG Landbou en Plaas TV, beskou Hennie as haar mentor. Sy stuur hierdie vir my:

“Ek het in 2010 in sy tuis-ateljee as mede-aanbieder van RSG Landbou begin. Hy was my mentor en leermeester. Dit het vir my gevoel of hy die wĂȘreld ken en hy was ‘n wĂȘreldreisiger met sy kennis, ervaring en belangstelling.

Hennie Maas se openbare loopbaan is welbekend. Die stem agter programme soos Uitspan op die Hollandse Werf destyds, en meer onlangs Hoe verklaar u dit, Pixel, RSG Landbou en tot op die einde die ongelooflike Sterre en Planete, was ‘n welkome gas in menige Suid-Afrikaanse huis.

“Sy kennis en waardering vir musiek was merkwaardig en daarom sy besonderse oor vir klank. Hy het vinnig my aandag daarop gevestig as die klank van ‘n opname nie na wense was nie.

“Musiek elke dag en heeldag in hul huis. Voor ons begin werk het moes ek eers luister na ‘n nuwe uitvoering van ‘n kunstenaar/komposisie wat hy teĂ«gekom het en met my wou deel.”

Lise lys ‘n paar tipiese sĂȘgoed van Hennie, wat vir almal wat hom geken het, bekend sal klink: 

  • As hy op ‘n Maandagoggend met iemand gesels was die eerste opmerking: “Is jy bly dis amper Vrydag?”
  • Hy het daarvan gehou om ‘n glas half-vol en nie half-leeg te sien nie.
  • Sy groet wanneer sy klaar gewerk was “Carpe diem” – gryp die dag!
  • Dan het hy dikwels verwys na ‘positiewe probleme’, veral as daar te veel nuus is en ek sit met my hande in my hare oor wanneer ons wat gaan uitsaai.

Hier is wat Marike Brits, wat voorheen by Plaas Media gewerk het, van hom onthou:

“As jong joernalis by Plaas Media was ek baie ingenome met die feit dat ek skielik in dieselfde wĂȘreld as Hennie Maas bestaan. My bewondering is vinnig aangevul deur Ɖ gemaklike bekendheid toe ek oom Hennie die dag ontmoet. Dit was te danke aan sy gemak as mens en sy rustige belangstelling in jou storie. As kind het ek na sy besonderse stem op RSG geluister, en skielik kon ek as kollega om Ɖ tafel saam met hom sit en skatkiste delf uit sy bron van kennis.

“Ek het my verwonder aan sy rustige manier van onderhoudvoering, sy wye kennisveld asook sy tegniese behendigheid. Ek dink Hennie Maas was Ɖ ikoon, maar ook net Ɖ gewone oom.”

’n Sagte hand van leiding

Koos du Pisanie, Plaas Media se streeksverteenwoordiger in die Noord-Kaap, gee sy indrukke so:

“As ’n oud-koerantjoernalis en later ’n tydskrifjoernalis, was die idee van radio-onderhoude vir my redelik angswekkend, maar Hennie was altyd rustig en kalm en het graag raad gegee. Ek het vinnig geleer om na hom te luister en sy raad toe te pas. Dit het nie net die inhoud en gehalte van my radio-opnames verbeter nie, maar ook die lewe vir myself soveel makliker gemaak.

“Ek onthou met die eerste opnames wat ek moes maak, het dit gevoel of ek te min hande het om die boek en die mikrofoon vas te hou Ă©n om toepaslike vrae op die regte tye te vra. Met sy hulp en onderskraging het ek vinnig geleer dat dinge nie so erg is nie. Hy het my geleer om sistematies te werk en bloot net met aandag te luister na wat die persoon aan die ander kant van die mikrofoon sĂȘ.

“Hy sou jou nooit oor die vingers tik omdat jy iets verkeerd doen nie, maar eerder die probleem uitwys Ă©n ’n maklike en eenvoudige oplossing gee hoe om probleme in die toekoms uit te sny. Hy het ook later vir my die waarde van natuurlike byklanke geleer en hoe om dit te gebruik om karakter aan ’n onderhoud te gee. Hy het ook vir ’n mens ruimte gegee om te eksperimenteer en dit was die lekker deel van radiowerk.

“Hennie was lief vir sy werk as radio-aanbieder en het vir my ook ’n spesiale liefde vir radiowerk geleer, iets wat nie aanvanklik in my verwysingsraamwerk was nie. In die proses het hy my ook geleer dat mense altyd nuwe dinge kan aanpak, self al voel dit of dit bo jou vuurmaakplek is.

“Die kort pad wat ek saam met Hennie kon stap was ’n opwindende een, vol nuwe uitdagings, en een wat ek lank sal onthou.”

Carin Venter, Plaas Media se streeksverteenwoordiger in die Oos-Kaap:

“Hennie het sedert 2016 ‘n positiewe lig in my lewe geskyn, veral in die beginjare by Plaas Media deurdat hy altyd iets moois na aanleiding van my aanvanklike, onbeholpe RSG Landbou-opnames tussen bulkende en blĂȘrende vee sou sĂȘ. Ek sal seker altyd onthou hoe hy meer as een maal sou bel om te sĂȘ: “Ek hou van die manier hoe jy jou opnames doen”. En dan was daar die keer toe hy my baie kwaai aangekyk het nadat ek tydens ‘n jaareindfunksies per ongeluk vir hom “oom” gesĂȘ het.

“Nou wil ek graag vir jou, Hennie, sĂȘ: Rus sag en mag die sterre en planete dans onder jou voete.” – Izak Hofmeyr, Plaas Media

Must read

RSG Landbou: 4 Februarie 2025 – geborg deur Plaas Media

Die waarde van lekaanvullings vir vee op droĂ« en stoppellande kom onder bespreking in vanoggend se RSG Landbou. RonĂ©l Joubert van Feedtek brei ook uit die waarde van ‘n gebalanseerde lek en watter minerale...

Katoen-verwysingsprys: Week van 27 tot 31 Januarie

Die Suid-Afrikaanse Katoenprodusente-organisasie (SAKPO), met die ondersteuning van Katoen SA, het ’n platform geskep om elke week ’n gemiddelde verwysingsprys vir katoenvesel deur te gee. Hierdie is slegs ’n afgeleide prys wat bereken word op...

LandbouRadio: 3 Februarie 2025

Welkom by 'n splinternuwe LandbouRadio met 'n effense ander baadjie aan. Ons groet vandag ons jarelange omroeper, Gerda le Roux. Aanbieder LiMari gesels met haar oor haar LandbouRadio-reis. Luisteraars kan ook uitsien na die...

RSG Landbou: 3 Februarie 2025 – geborg deur Plaas Media

Senwes het in Januarie aangekondig dat Debbie Bester vanaf 1 April die leisels as uitvoerende hoof van dié landboumaatskappy by Francois Strydom sal oorneem. Ons vind meer uit oor haar loopbaan in landbou. Staatsbeheerde siektes...

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Plaashekpryse/Farm gate prices Die jongste vleispryse word weekliks aan u gebring deur Absa en die RPO. Neem kennis dat hierdie nie kleinhandelpryse is nie, maar wel plaashekpryse wat BTW uitsluit. Get the...