Monday, February 3, 2025

Ellisras-beesskou: Die hartklop van landbou in Limpopo

Estimated reading time: 2 minutes

Die Ellisras-beesskou, wat van 4 tot 6 Julie 2024 plaasvind, is ‘n hoogtepunt op die Bosveld-streek se landboukalender. Hierdie jaarlikse geleentheid trek produsente en landbouliefhebbers van regoor die land na die hartjie van Limpopo om deel te neem aan ‘n verskeidenheid aktiwiteite wat die landboubedryf vier.

Die skou se program skop op 4 Julie af met die kleinveeskou, waarna die beoordeling van die grootvee plaasvind. Die dag eindig op ‘n gesellige noot met ‘n kenmekaar potjie-aand.

Vrydag, 5 Julie, vind die beoordeling van individuele Brahmane en Simmentalers, asook die voorbereiding vir die jeugskoukompetisie, plaas. Die kleinveeskou, waar junior en senior ramme en ooie meeding vir die gesogte titels, hervat. Die dag sluit af met ‘n vertonersfunksie en prysuitdeling vir beide groot- en kleinvee.

Die laaste dag van die skou begin op 6 Julie met die beoordeling van grootvee en die jeugskou vind ook plaas, gevolg deur ‘n beesstudiegroepbespreking. Die kleinveeveiling begin om 11:00, wat ‘n geleentheid bied vir kopers om topgehalte diere aan te skaf.

‘n Viering van die gemeenskap

Die Ellisras-beesskou is nie net ‘n plek waar landboukundigheid en vee tentoongestel word nie, maar ook ‘n viering van die gemeenskap en die ondersteuning van borge wat die skou moontlik maak. Plaas Media, as die trotse mediaborg, speel ‘n sleutelrol in die bevordering van die skou en die deel van inligting oor die aktiwiteite. Die skou se ander borge is saam met Molatek, Obaro, André Kock & Seun Limpopo, en Driehoek Voere.

Deur die jare het die skou gegroei tot ‘n platform waar kennis gedeel word, nuwe tegnologieë ontdek word, en langdurige vriendskappe gesmee word. Dit is ‘n bewys van die krag van samewerking en die passie vir landbou wat so ryklik in die Ellisras-streek gevind word. – Renate Louw, Plaas Media

Vir meer inligting, skakel Guy Emslie by 079 514 7061

Must read

Katoen-verwysingsprys: Week van 27 tot 31 Januarie

Die Suid-Afrikaanse Katoenprodusente-organisasie (SAKPO), met die ondersteuning van Katoen SA, het ’n platform geskep om elke week ’n gemiddelde verwysingsprys vir katoenvesel deur te gee. Hierdie is slegs ’n afgeleide prys wat bereken word op...

LandbouRadio: 3 Februarie 2025

Welkom by 'n splinternuwe LandbouRadio met 'n effense ander baadjie aan. Ons groet vandag ons jarelange omroeper, Gerda le Roux. Aanbieder LiMari gesels met haar oor haar LandbouRadio-reis. Luisteraars kan ook uitsien na die...

RSG Landbou: 3 Februarie 2025 – geborg deur Plaas Media

Senwes het in Januarie aangekondig dat Debbie Bester vanaf 1 April die leisels as uitvoerende hoof van dié landboumaatskappy by Francois Strydom sal oorneem. Ons vind meer uit oor haar loopbaan in landbou. Staatsbeheerde siektes...

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Plaashekpryse/Farm gate prices Die jongste vleispryse word weekliks aan u gebring deur Absa en die RPO. Neem kennis dat hierdie nie kleinhandelpryse is nie, maar wel plaashekpryse wat BTW uitsluit. Get the...

A New Era of Mobility: Say Hello to Flexibility with KINTO ONE

Estimated reading time: 3 minutes Imagine the freedom of subscribing to your favourite music, movies, or even gym services. Toyota has introduced this concept to mobility with its innovative KINTO ONE subscription platform. Say hello...