Brand verwoes renostervoerstoor

Estimated reading time: 3 minutes

‘n Maand nadat Kimberley se hooggeregshof bevind het dat hy renosterhorings wettiglik mag uitvoer het Wicus Diedericks se voerstoor op 4 Desember afgebrand. ‘n Jaar se voervoorraad vir sy renosters is ook deur die vlamme verslind.

Diedericks is ‘n bekende renosterteler en eienaar van Rockwood Conservation in die Noord-Kaap.

Gemeenskap spring dadelik in

Diedericks sê die oorsaak van die brand was ’n baal voer, wat aan die brand geslaan het, en sy hele voervoorraad verwoes het. Hy vertel dat hy, sy vrou, Yvette, en die hele Rockwood-span hard moes werk om die vuur onder beheer te kry.  Hy voeg egter by dat dit vir hom wonderlik was om te kon sien hoe sy bure onmiddellik ingegryp het en vuurvegters gebring het om die brand te help blus, asook ander wat sy passie deel, wat die voer help vervang het want die renosters moet ook eet.

Die hele gemeenskap het saamgestaan om Rockwood Conservation te help veg teen die vlamme. (Foto: Wicus Diedericks/Facebook)
Die hele gemeenskap het saamgestaan om Rockwood Conservation te help veg teen die vlamme. (Foto: Wicus Diedericks/Facebook)

Dankbaarheid teenoor ondersteuners

“Dit is in sulke tye dat ’n mens besef jy staan nie alleen nie. Talle mense het ’n hand bygesit en ek is hulle altyd dankbaar,” sê Diedericks. Hy bedank onder andere vir Danie Bezuidenhout en sy span wat die sonkragstelsel gestabiliseer het, Bouwer Haupt en die lede van die Kameeldoring Rhino Conservation Forum wat ook gehelp het, en twee Noord-Kaapse landboubesigheidsmanne, Mike Louw en Hennie Gous, wat afsonderlik toerusting en voer vir die renosters beskikbaar gestel het.

Hy sê daar het ook heelwat ander voerskenkings ingekom vir die renosters. Hy bedank onder andere vir Eugene Nel, ‘n tegniese verkoopsagent van Voermol, Charles van den Hever, eienaar van die Chargo-natuurreservaat, Richard en Nico de Vos, mede-eienaars van Quaggasfontein, Wiaan van der Linde, eienaar van Winterhoek, en Pieter Ernst, stigter van Bona Bona Safaris, wat almal vragte voer geskenk het. Daar was ook talle ander skenkers en mense wat kom help het vir wie hy graag bedank.

Passie vir bewaring sterkter as ooit

Vir Diedericks en sy Rockwood-span is dit ’n groot terugslag, maar hierdie span staan ook bekend vir hul verbintenis met die bewaring van renosters. Hul passie vir die taak is groter as ’n tydelike terugslag. “Ons sal herbou, ons sal weer opstaan en ons sal aanhou om die renosters wat elke dag op ons staatmaak, te help en te ondersteun. Vir ons as ’n span is dit ’n lewenstaak om hierdie diere vir die nageslag te bewaar.” – Koos du Pisanie, Plaas Media

Related

Government and ARC gives update on FMD vaccine numbers

Estimated reading time: 3 minutes The Agricultural Research Council (ARC) confirmed on 1 April that it has released another 20 000 doses of locally produced foot-and-mouth...

26th AFSTA Congress: Empowering Africa’s future, one seed at a time

Estimated reading time: 6 minutes Seeds are not just agricultural inputs; they embody our future, the promise of a resilient Africa in the face of...

Meet the new NAMC board

The minister of agriculture, John Steenhuisen, recently announced the appointment of ten new members to the National Agricultural Marketing Council (NAMC). These members will...