Estimated reading time: 2 minutes
Beplanning vir die 2026 Bloemskou is reeds volstoom aan die gang! Volgende jaar se skou vind van 23 April tot 2 Mei 2026 plaas, met die vrolike en opwindende tema “Beach Party” wat beloof om ’n somerpartytjie-atmosfeer na die Vrystaat te bring.
Soos altyd kan besoekers na twee openbare vakansiedae tydens die Bloemskou uitsien – Maandag, 27 April (Vryheidsdag) en Vrydag, 1 Mei (Werkersdag) – wat dit die ideale tyd vir ’n wegbreek saam met familie en vriende maak.

Elmarie Prinsloo, hoof uitvoerende beampte van die Bloemskou sê na die groot sukses van vanjaar se skou, met 5 759 vee-inskrywings in die landbou-afdeling en 106 706 besoekers oor die nege dae, bou Bloemskou voort op die voorreg om die enigste skou in Suid-Afrika te wees, wat vermaak, landboukampioenskappe en kommersiële aktiwiteite op só ’n groot skaal kombineer.
Die voorbereidings vir 2026 toon reeds groot belangstelling:
- Die landboukampioenskappe is vol bespreek.
- Uitstallings is reeds 80% vol.
- Kosstalletjies is vol bespreek.
- Kategorieë soos leerprodukte, juweliersware en speelgoed is ook reeds vol.
Belangstellendes in uitstallings word aangemoedig om vroegtydig aansoek te doen, veral vir tegnologie-, buitelug-, huisware-, meubels-, klere- en leefstylprodukte. Aansoeke vir die gewilde Gift Shop, waar Bloemskou namens uitstallers verkoop, sluit op 1 Desember 2025.
Geleë in die hart van Suid-Afrika, dien Bloemskou as ’n ontmoetingsplek waar besigheidsmense, boere en besoekers jaarliks bymekaarkom om sake te doen en sosiaal te verkeer. Die skou bied ’n eenstopbestemming vir vermaak, kuier, koop en ontspanning – ’n hoogtepunt op die Suid-Afrikaanse kalender.
Merk die datum aan jou kalender!
Kom kuier saam van 23 April tot 2 Mei by Bloemskou 2026 met die tema “Beach Party” – dit beloof om ’n onvergeetlike ervaring te wees! – Bloemskou-persverklaring
Vir meer inligting besoek www.bloemshow.co.za of skakel 051 448 9894.




