Koershou met Hennie

Met trots geborg deur Toyota SA.

Hennie staan langs 'n Toyota

Bestuur met Toyota Connect

Estimated reading time: 4 minutes

Mbali, die regte egte Zoeloe-prinses wat ons kantoor bestuur, het uiteindelik haar verouderde Avanza ingeruil vir wat sy ’n ‘verstandige’ Starlet noem. Sy wou eintlik vir haar ‘n GR 86 koop, maar die sportmotor is glad nie vir ons plaaspaaie ontwerp nie – en beslis ook nie vir haar begroting nie!

Sy moet buitendien steeds haar drie nefies by die skool aflaai op pad werk toe en het vier sitplekke hiervoor nodig. Die seuns was teleurgesteld toe hulle tannie nie die GR Corolla koop nie, maar het dadelik die Starlet goedgekeur toe hulle verneem dat dit Wifi het!

Maklike verbinding met Toyota Connect

Die Wifi-kol werk via die Toyota Connect-toep. Volgens Mbali is dit die grootste verskil tussen die opregte Starlet en sy ewebeeld. Baie van sy mededingers het nie ’n agentskap in ons klein dorpie nie en Mbali glo daarin om van die naaste handelaar gebruik te maak – dis eenvoudig geriefliker, meen sy.



Die toep gebruik ’n verbindingstoestel wat in alle Toyota-voertuie geïnstalleer is. Dit sluit passasiersvoertuie en minibusse in. Die stelsel is deur Altron ontwerp vir Suid-Afrika en word deur Vodacom Business ondersteun. Die toestel verbind twee mobiele toegangspunte (APN’e) – een met ’n voorafbetaalde APN vir internettoegang wat tot 15 gebruikers kan verbind, en die ander ’n rekeninggebaseerde APN wat die voertuig se telemetrie-data en ander dienste beheer.

Die tieners was in ekstase toe hulle hoor dat Toyota ook 25 gigagrepe se gratis data verskaf, wat tot 15 fone of tablette op die voorafbetaalde APN kan koppel. Hulle fone was in ‘n japtrap verbind. Soos hulle vir Mbali verduidelik het, is dit ’n geval van ‘gebruik dit of verbeur dit’ aangesien die gratis databondel 12 maande ná die aankoop van die voertuig verval.

Meer waarde vir jou geld

Die rekeninggebaseerde APN het nie ’n verstrykdatum nie, aangesien dit ontwerp is om aanhoudende telemetrie en ander datadienste in die voertuig te verskaf. Hierdie dienste sluit ’n interaktiewe kaart, ’n outomatiese ritboek en ritopnemer, ’n bestuurdersgedragstelsel en aanhoudende batterymonitering in.

Die interaktiewe kaart toon die voertuig se GPS-plasing op enige gekoppelde toestelle en kan die voertuig se huidige plasing aan die Automobiel Assosiasie se padsbystandsdiens verskaf, sou enige impak bespeur word.

Die digitale ritboek hou rekord van die voertuig se kilometers en diensgeskiedenis, en ken outomaties besigheids- en persoonlike ritte toe om die voltooiing van belastingvorms te vergemaklik.

Die bestuursgedragstelsel meet die swaartekrag gedurende draaie, rem-aksies, spoed en versnelling om ’n telling uit 100 te gee. Die telling verskaf empiriese bewyse van wie die egaligste bestuursvermoë besit. By ons buurplaas was die fyne dame verbaas om te sien dat sy die aggressiefste bestuurder van die familie se Hilux is. Sy het sommer gou haar spoed aangepas om brandstof te bespaar.

Die Toyota Connect-toep bied ook Fleet Lite aan; dit koppel meer as een Toyota-voertuig om ’n rekord van die bestuurder se gedrag te verskaf, vlootbestuurders in kennis te stel wanneer dienste deur Service Booking bespreek moet word, en hulle te herinner om die bestuurders se lisensies te hernu.

Dit kan verder aangewend word om die voertuig oor ’n afstand met die Toyota Remote Connect aan te skakel; hoofsaaklik om die lugversorger te aktiveer om die binneruim solank af te koel indien die kar in die son geparkeer was.

Volledige beskerming met Toyota Connect

Mbali het eenvoudig die Toyota Connect-toep van die Google Play-winkel op haar foon afgelaai en haar neefs opdrag gegee om die Starlet met die voorafbetaalde gedeelte van Toyota Connect te verbind.

Find out what Toyota Gazoo Racing has in common with dwarf goats.

Dit vereis die oplaai van ’n kopie van haar ID-dokument vir die verpligte ‘ken jou kliënt’-gedeelte, maar Toyota se personeel het haar verseker dat haar besonderhede in oorleg met die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, 2013 (Wet 4 van 2013), of POPIA beskerm word. Die tieners het natuurlik die gratis 25Gb vinnig laat verdwyn en Mbali moes hulle die dood voor die oë sweer om vir ’n nuwe databondel van Vodacom te betaal, wat sy deur middel van haar banktoep gekoop het. Sy sê sy het dit oorweeg om die vooruitbetaalde gedeelte te kanselleer, maar ek het voorheen al vir haar, en almal wat wou luister, aanbeveel dat daar met ’n ekstra van alles gereis word. Mbali het uiteindelik gesê sy reken Toyota Connect is min of meer soos om ‘n ekstra foon op die pad te hê!

Toyota SA logo