Saturday, September 28, 2024

Bemarkingsknelpunte uitgelig op Nguni-boeredag

Estimated reading time: 3 minutes

Tydens ’n Nguni-boeredag wat op die plaas van Christopher Sparks van Sparks Nguni’s by Swinburne in KwaZulu-Natal aangebied is, is verskeie knelpunte bespreek wat eie is aan die Nguni beesras. Die grootste hiervan is sonder twyfel die diskriminasie van voerkrale teen Nguni-kalwers.

Volgens Christopher het die Nguni die afgelope paar dekades deur ’n siklus gegaan van groot gewildheid, toe dit die naasgrootste ras in die land in terme van aantal stoetdiere was, tot waar dit vandag letterlik aan die agterspeen suig.  

“Ek dink die fout van Nguni-telers was om te probeer om hul diere aan die tradisionele voerkraalmark te voorsien. Die voerkrale se beswaar teen die Nguni is dat hy te gou en te veel vet aansit, sodat, teen die tyd dat dit slaggewig bereik, dit heeltemal te vet is. Om Nguni’s in ’n voerkraal te voer, verg dus ekstra bestuur en ’n ander rantsoen, wat nie noodwendig ’n aanloklike proposisie is nie.

“Die resultaat was dat voerkale nie bereid is om heersende markpryse vir Nguni-kalwers te betaal nie. Dit het direk tot die afname in die Nguni se gewildheid bygedra. Telers het in die proses die voordele van die Nguni se uitstekende oorlewingseienskappe, en dus lae onderhoudskoste, misgekyk. Daar is definitief ’n goeie plek vir die Nguni in ’n osstelsel wat dan as veldvleis bemark word, veral omdat die Nguni se vermoë tot kompenserende groei en vinnige vetneerlegging sonder weerga is.”

Een van die grootste voordele van die Nguni, sê Christopher, is dat dit ’n relatief nie-selektiewe vreter is, wat beteken dat hy veld kan benut waarvoor baie ander rasse hulle neuse optrek. Die Nguni kan dus ’n nuttige rol speel in die optimale benutting van die natuurlike hulpbronne op ’n beesplaas deur hulle agter die ‘hoofras’ waarmee geboer word, in te stuur om die veld skoon te bewei.

Vir meer inligting, skakel Christopher Sparks by 083 701 0029. – Izak Hofmeyr, Plaas Media


Snotsiekte: Beesteler appelleer teen hof se pro-wild beslissing

’n Santa Gertrudis-stoetteler van Limpopo het vroeër dié week kennis gegee dat hy hom na die Limpopo Hooggeregshof gaan wend om teen ’n bevinding in Polokwane te appelleer.

Dit kom na regter Gerrit Muller op 24 Augustus vanjaar bevind het dat dr Hendrik Nel, die direkteur en aandeelhouer van Ngomo Boerdery, nie bo alle redelike twyfel kon bewys dat die dood van 14 van sy stoetbeeste ‘n gevolg is van snotsiekte wat oorgedra is deur blouwildebeeste op die naburige plaas, Castle De Wildt, nie.

Wees waaksaam met snotsiekte

Estimated reading time: 5 minutes Snotsiekte rig jaarliks groot skade in veetroppe aan. Dit is...

Strukture en bouplanne op plase

Estimated reading time: 5 minutes Die invloed van plaaslike owerhede oor landbou-eiendomme is egter nie...

Management factors influencing lameness in commercial sows

Estimated reading time: 5 minutes Lameness in sows, regardless of the size of the herd,...

Cheesemaking troubleshooting with the guru of cheese

Estimated reading time: 7 minutes The article was based on a webinar presented by cheese...