10 Telers met 1 visie: Top Brangus genetika by die Reinet en Vriende Prestige Brangus-veiling

Estimated reading time: 2 minutes

Wanneer tien van die land se mees toegewyde Brangus-telers kragte saamsnoer om hul beste genetika by een veiling aan te bied, weet die bedryf dat dit ’n geleentheid is wat nie misgeloop kan word nie. Brocor Auctions bied die jaarlikse Reinet en Vriende Prestige Brangus-veiling aan op Donderdag, 1 Oktober 2026 om 11:00 by Sangiro Lodge. Die tema vir vanjaar is: “10 Telers met 1 visie.”

Hierdie samewerking bring stoettelers van regoor Suid-Afrika bymekaar, om hul mees uitgesoekte diere op die veiling aan te bied. Omdat die diere uit uiteenlopende streke en klimaatsones afkomstig is, beskik die diere oor uitsonderlike gehardheid en aanpasbaarheid – gereed om te presteer in enige omgewing waar  hulle gevestig word.

Die veiling bied die ideale geleentheid vir veeleisende stoettelers en kommersiële beesprodusente om hul kudde se doeltreffendheid asook vleis- en melkeienskappe, na die volgende vlak te neem.

Die diere wat op aanbod is

  • 35 Stoetbulle: Streng geselekteer vir vrugbaarheid, goeie temperamente, bespiering en beproefde teelwaardes om waarde tot enige kudde te voeg.
  • 60 Vroulike diere: ’n Uitsonderlike seleksie van topgehalte-diere met uitstekende bouvorm en moedereienskappe.

Die gesamentlike visie van die tien telers is om die Brangus-ras funksioneel en doeltreffend te bevorder, om maksimum winsgewendheid vir die produsent in die stoetery en op die skaal te verseker.

Vir kopers wat nie die veiling fisies by Sangiro Lodge kan bywoon nie, is daar die opsie om aanlyn via Meerkat in te skakel, waar die veiling regstreeks uitgesaai sal word. Dit bied aan voornemende kopers landwyd die gerief om intyds van enige plek af te bie.

Veilingsbesonderhede

  • Datum: Donderdag, 1 Oktober 2026.
  • Tyd: 11:00.
  • Plek: Sangiro Lodge.

Bie aanlyn: https://auctions.meerkatonline.co.za/auctions/1545

Moenie hierdie unieke geleentheid misloop om te belê in beproefde genetika wat reeds landwyd hulle staal gewys het nie. Vir navrae, veilingsvoorwaardes of om ’n katalogus aan te vra, kontak CR Botha by 079 051 5171.

Weidingsgehalte in die berugte doodmaakmaande

Estimated reading time: 7 minutesSuurveld kom hoofsaaklik in die hoëreënvalgebiede van die oostelike dele...

Boost young animals’ immunity before the lambing and calving season

Estimated reading time: 4 minutesVaccinating ewes and cows four to six weeks before lambing...

Klimaatslimboerdery bied kos vir die siel én die veld

Estimated reading time: 8 minutesDit het Veronica Rorich se passie geword om herwinningsboerdery aan...

AFMA Matrix September 2026 – Forum issue now available

Estimated reading time: 2 minutesThe September 2026 edition of AFMA Matrix is a special...