In Woensdag, 16 September se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Ons spring weg met Leon die skaapherder en sy Woensdagwenk. Vandag gesels hy oor vitamien B1-tekorte.
- Johan gesels met James Pretorius van die LWO Werkgewersorganisasie oor die konsep van substantiewe billikheid in die werksplek.
- Elmarie Prinsloo, hoof uitvoerende beampte van Bloemskou, gesels oor al hulle planne vir Bloemskou 2027.
- Johan gesels met Agri Noordwes se jongboer van die jaar, Joy van Deventer, oor haar krisantboerdery.
- Anje Venter, streekskoördineerder by Aartappels SA, deel die Augustus 2026-aartappelmarkverslag met ons.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
