In Vrydag, 8 Mei se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Ons bring vir jou ‘n plaasvars landbounuusbulletin.
- Dr Danie Odendaal gesels in ons weeklikse veesiekteverslag oor bloutong.
- Johan gesels in ons gereelde veiligheidspraatjie met Yolande Botha van die RPO Noord-Kaap oor die belangrikheid van biosekuriteit op jou plaas.
- Friedl von Maltitz, vise-president van Vrystaat Landbou, gesels oor die Artikel 10-inentingskema wat die minister van landbou afgekondig het en wat hulle gevoel hieroor is.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.