In vandag se RSG Landbou gesels ons met dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk oor die sertifisering van kalwers vir voerkrale. Ons vind ook meer uit oor hittestres by skaap- en beeskuddes en hoor oor Agbiz Grain se planne vir ‘n vaardigheidsontwikkelingsprogram vir silopersoneel.
Kalfnaspeurbaarheid
Een van die grootste behoeftes by voerkrale is kalfnaspeurbaarheid. Dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk verduidelik watter rol die kuddeveearts speel by waarborge oor die gesondheidstatus van kalwers wat aan voerkrale gelewer word.
Hittestres
Het jy geweet hittestres het ‘n impak op besetting in skaap- en beeskuddes tydens die teelseisoen? Dr Johan van Rooyen van die Steynsburg Dierehospitaal gee terugvoer oor ‘n studie hieroor.
Agbiz Grain
Ons praat ook met dr Charl van der Merwe van Agbiz Grain. Een van hul fokuspunte vir 2026 is die ontwikkeling van ‘n vaardigheidsontwikkelingsprogram vir silopersoneel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.